skip to Main Content
Demi-Leigh Slagoffer Van Poging Tot Kaping

Volgens ’n onlangse onderhoud wat BELLA met Demi-Leigh Nel-Peters gevoer het, sê sy dat daar nie ’n “gewone dag” vir Mejuffrou Suid-Afrika bestaan nie. “Elke dag is anders,” sê sy. Ongelukkig het haar aand vanaand in ’n nagmerrie ontaard. Demi-Leigh is vanaand die slagoffer van ’n poging tot ’n kaping gewees. Die amptelike blad van Miss South Africa het dit bevestig.

Volgens die blad het die voorval by Hyde Park in Johannesburg gebeur. Sy het dit gelukkig reggekry om uit die motor te kom en ’n goedhartige persoon het tot Demi se redding gekom en haar van die toneel af verwyder.

Die polisie ondersoek nou die saak verder.

Ons is dankbaar dat sy nie beseer is nie en dink aan haar in hierdie traumatiese tyd.

Ons gesels met Demi-Leigh in ons September-uitgawe en dit is ’n artikel wat bevestig dat Demi méér as net ’n skoonheid is. Sy het ’n passie vir mense met ’n omgee-hart. Demi – ons land se trots.

Geskryf deur: Lizanne Theron 

Foto: Jacques du Preez

Grimering: Lindsay Swart 

Hare: Lajawi

Back To Top
%d bloggers like this: