skip to Main Content
Wat Doen Stres Aan Jou Liggaam?

Stres is ’n buzz word in die BELLA community en ons het gaan kyk wat is die impak daarvan op jou liggaam. Ons explore ook natuurlike maniere om jou stres te verminder deur sekere kossoorte te eet.

Eerste dinge eerste.

Nie alle stres is sleg nie. Jou liggaam kan ’n gesonde stresvlak bereik, wanneer dit nodig is om te rise vir ’n challenge. Goeie stres help jou om die beste te presteer. Pre-event jitters is jou liggaam se manier om jou gereed te maak vir dit wat wag, omdat jy dit wel kan bemeester.

Slegte stres

Stres wat jy oor ’n lang tydperk ervaar, staan bekend as chroniese stres. Dit is baie sleg vir jou liggaam. Jou natuurlike energievlakke spring deur die dak en dus verloor jou liggaam sy balans. Jou senuweestelsel en hormone stuur seine deur jou liggaam en dit veroorsaak dat jou kortisolvlakke styg. Not good. Stres verg soveel energie dat jou liggaam moet compromise op al die goeie dinge en eers aandag aan die stres gee. As jou stresvlakke nie gou genoeg daal nie (soos in die geval van chroniese stres) dan kan dit ’n blywende effek hê.

Foto: Shutterstock

5 Maniere om jou stres op ’n natuurlike manier te verlig.
  • oefen.
  • volg ’n dieet met voldoende voedingswaarde en vermy leë kalorieë.
  • bestuur jou gedagtes na ’n positiewe pad.
  • beoefen ontspanningstegnieke soos om te luister na rustige musiek of meditasie.
  • beplan jou dag, jou maand, jou jaar en jou lewe.
4 Kossoorte wat help om jou spanning te bestuur.
  • kosse wat hoog in vitamien B is.
  • kossoorte met voldoende kalsium en magnesium.
  • proteïene.
  • gesonde vette en omega 3.
5 Kossoorte om te vermy
  • geprosesseerde kosse.
  • enigiets wat wit meel bevat.
  • alkohol.
  • oormatige kafeïen.
  • suiker.

 

Bron: Kerry Stewart 

Back To Top
%d bloggers like this: