skip to Main Content
Vermy ‘mamma-drama’ Só Op Jou Troudag

Maak nie saak hoe lief jy vir jou ma of skoonma is nie, die spanning van jou troudag kan selfs die bestes onderkry. Dis gewoonlik dan wanneer jy al jou opgeboude frustrasie en angs op jou ma uithaal.

Vermy ‘mamma drama’ só:

Luister en verduidelik

Jou ma het miskien baie idees en planne van haar eie vir jou troue en die kans is goed dat dit dalk bietjie outdated kan wees. Jou ma was dalk nie onlangs ’n bruid nie, maar moenie te vinnig al haar idees afskiet nie. Luister na haar idees en planne en lig haar in oor die nuutste trends wat jy graag wil inkorporeer. Jy hoef glad nie jou ma se tweede troue te beplan nie, maar soms weet ’n ma regtig beter.

Afstand is goud werd

Dit maak nie saak hoe lief jy vir jou ma is nie, afstand is goud werd. Jy hoef nie alles saam met jou ma te doen nie. Soms is dit nodig dat jy een of twee goed alleen doen of saam met iemand anders doen. Leer om situasies te lees en indien dit lyk asof daar dalk rusie kan ontaard, maak spore. Daar is niks fout daarmee om vir ’n halfuur te verdwyn nie. Dit gee almal tyd om af te koel en verhoed dat enige iemand iets sê waaroor hul later kan spyt wees.

Maak haar betrokke

Probeer om jou ma èn skoonma deel te maak van die beplanning. Vra hul opinies en vat hul saam vir een of twee trou-ekskursies. Moenie mense isoleer omdat jy bang is vir konfrontasie nie. ’n Mens trou net een keer en jou ma en skoonma sal graag insette wil lewer in die beplanning daarvan. Dit sal ook sorg dat iemand uitgesluit voel.

Back To Top
%d bloggers like this: