skip to Main Content
Resep: Smoothie For My Valentine

2019 is besig, bedrywig en die meeste van ons probeer om van die Desember-magie ontslae te raak. Smoothies is dus meer van pas as ontbyt in die bed, of sommer on- the-go.

Beet

Beet is ’n bekostigbare smoothie bestanddeel met talle gesondheidsvoordele. Die superfood verleng bloedsuiker, help met droë velle, reguleer die lewer en versterk haargroei. Beet se beste maats is appel, gemmer, lemoen en suurlemoen.

Foto: Verskaf

Kale

Die topkeuse van al die superfit en superfab – vir ’n goeie rede! Kale help met vertering, dis ryk aan vitamien K en yster, anti-inflammatories en uitstekend vir ’n algemene, gesonde immuunstelsel. Bes gekombineer met piesang, grondboontjiebotter, neutmelk, of pynappel en ment.

Foto: Verskaf

Borrie (Turmeric)

Vars turmeric is ’n knol, net soos gemmer, kenmerkend geel-oranje van kleur. Die voordele van turmeric is eindeloos. Dit is bekend as die effektiefste anti- inflammatoriese, natuurlike produk. Die wonderproduk sorg dat jou vertering, vel, cholesterol, hoesie en sommer enige kwaal natuurlik opgelos word. Meng met mango, cayenne peper, suurlemoen, gemmer of kaneel.

Foto: Verskaf

Back To Top
%d bloggers like this: