skip to Main Content
Puppy Blues

Jy was so opgewonde om die trotse ouer van ’n baba hondjie te word en toe skop realiteit in… 

Dit is ’n paar dae later… Die nuwe baba hondjie, met sy onweerstaanbare sagte lyfie, is ’n terror. Wat nou? Puppy blues is ’n realiteit. 

Vir die meeste van ons is ’n nuwe hond ’n groot keuse. Ons wag vir die perfekte tyd, soek die regte tipe hond vir ons omstandighede, weet presies wat ons hom of haar gaan noem, ons het sommer klaar die nuwe bedjie en halsband gaan koop. ’n Paar dae later en die gedagte om die babatjie met bandjie en al terug te gee, klink nie meer so far-fetched nie. As jy daar is, moenie bekommer nie. Dit raak beter! En daar is talle blogs wat net hieroor handel.

Foto: Nielette Smith Photography

Dit hang natuurlik van persoon tot persoon af, maar hierdie depressie kan enigiets van 3 weke tot 3 maande vat.

Hoekom kry ons hierdie overwhelming gevoel van depressie?

Eerstens, te min slaap. Potty training vat weke tot maande, nie dae nie. Die middernagtelike runs deur toe, onophoudende blaf of huil, rolle en rolle kombuispapier en die 4uur die oggend wakker gesiggie is genoeg om mal te maak.

Skuldgevoel en verantwoordelikheid. Jy wil net die beste vir jou hond hê. Die beste kos, die regte dissipline, die oulikste speelgoed. Maar steeds luister die hondjie nie. Boonop is jy basies homebound tot ná die 2de inspuiting, maar jy weet jy moet dalk eerder wag vir die laaste een. Jy is totaal en al verantwoordelik vir hoe hierdie hond uitdraai.

Verwoesting. #landshark is nie verniet ’n hashtag nie. Alles maar alles word gekou of verwoes. Geen potplant oorleef nie. Tot tuinklippe is fair game. Modder pote op die pragtige wit beddegoed. ’n Bedlampie en foon charger word nie meer langs die bed gebêre nie. Enkels en hande is vol krap en bytmerke en as jy nie bloei nie word dit as ’n small victory gesien.

Foto: Nielette Smith Photography

Hoe deal jy hiermee?

Wees gereed. Doen navorsing en lees baie. Daar is soveel hulp daarbuite, jy het net nie geweet dat jy dit nodig gaan hê nie. YouTube video’s, blogs, gesels met jou veearts of vriende wat daar deur is.

Puppy School. ’n Opgeleide honde afrigter sal jou lewe baie makliker maak en laat besef om realistiese verwagtinge te hê. Die nodige sosialisering en dissipline sal ook aangepak word wat oor ’n paar maande baie handig gaan wees.

Stimulasie en oefening. Maak seker dat baba hond genoeg speel. A tired dog is a good dog. Interaktiewe speelgoed soos treat puzzles of speelgoed wat met kos gestop kan word sal die brein en lyfie besig hou. Volstruis kougoed hou ook die flymskerp tandjies besig. En net soos ’n 2 jarige kan ’n baba hondjie ook oormoeg wees. Kry jou roetine reg en die hond sal volg.

Kry genoeg slaap! Kry ’n puppy sitter, ’n familielid of puppy day care om uit te help met ’n paar skofte. Crate training is ook baie suksesvol met sekere tipe honde. Gaan aan met jou lewe en probeer die verantwoordelikheid onder huislede verdeel.

Geniet die nuwe baba. Dit raak beter!

Back To Top
%d bloggers like this: