skip to Main Content
O, Krisis – Ek Het ’n Huawei!

Wat gebeur as jy en jou selfoon jul te midde van Trump en China se handelsoorlog bevind? BELLA het gaan uitvind of jou foon nog gaan werk.

Wat het gebeur?

Huawei, die Chinese selfoonreus, het ’n bloutjie geloop met die Amerikaanse regering en dit kan lei tot moeilikheid met Google, wat dus kan lei tot probleme vir elke Huawei gebruiker in Suid-Afrika. Niemand is al 100% seker waarheen hierdie politieke-tameletjie gaan lei nie, maar dit is beslis slegte nuus vir die wat ’n Huawei besit, al het ons regering nie ’n probleem met die maatskappy nie.

Die maatskappy sal dus steeds fone na Suid-Afrika kan verskeep en in die onmiddellike toekoms kan voortgaan sonder probleme, solank hul grootste kliënte (MTN, Vodacom, Telkom en Cell C) steeds vertroue in hul het. Indien daar ’n vertrouensbreuk ontstaan sal Suid-Afrikaanse toestelle geaffekteer word (veral wat naverkoopdienste of hersteldienste betref). Dis egter nog nie ’n probleem nie, maar iets waarvoor jy beslis op jou hoede moet wees.

Die beste scenario sal wees as Huawei sy App Gallery mark oopmaak as ’n alternatief vir die Google Playstore. Dit sal die rolspelers (MTN, Vodacom, Telkom en Cell C) baie bly maak, aangesien hulle uit apps wat hul kliënte koop sal baat vind.

Die tyd sal egter leer wat met Suid-Afrikaanse Huawei-gebruikers gaan gebeur.

 

Back To Top
%d bloggers like this: