skip to Main Content
Matrieks: Gee Jy Goenoeg Liefde Aan Jou Lyf?

Liggaam-liefde is moeilik in ’n samelewing wat vir jou presies sê hoe jy moet lewe en lyk.

Daar is diegene wat sê dat dit onmoontlik is om jou lyf lief te hê as jy nie in die kleinste Sissy Boy Jean pas nie, en dan is daar ander wat voorgee dat hulle nie ’n probleem het met hulle vetsug nie.

Die vraag is wat beteken dit regtig om jou lyf lief te hê?
Jy wil in die spieël kan kyk en 100% tevrede wees met wat jy sien. Dit beteken egter nie dat jy jou liggaam en fisiese gesondheid moet afskeep deur nooit te oefen en gereeld ongesond te eet nie. Om jou lyf lief te hê beteken dat jy nie jouself 24 uur per dag bekommer oor jou voorkoms nie. Ons is tog so skaam vir ons selluliet en “lovehandles”. In plaas daarvan om ons lywe lief te hê en te aanvaar probeer ons om dit weg te steek.

Leer om jouself en jou liggaam te aanvaar. Jóú opinie oor jou lyf is wat saak maak en dit gaan alles oor jou houding en ingesteldheid. As jou lyf vir jou lelik is, sal dit vir jou lelik bly ten spyte van wat ander sê. Om jou lyf lief te hê moet jy ’n intieme verhouding met jou liggaam hê. Dit beteken dat jy aan al jou liggaam se behoeftes moet voldoen. Hou op om jouself te kritiseer en probeer eerder positiewe en liefdevolle aanmerkings oor jou lyf maak. Herinner jouself daagliks daaraan dat jou liggaam op sy eie manier uniek en pragtig is.

Wees lief vir jou lyf, sodat jou lyf kan lief wees vir jou.

 

Geskryf deur student van Hoërskool Randburg.

Back To Top
%d bloggers like this: