skip to Main Content
Maak Techy-toddlers Groot

Dis meer belangrik as ooit vir kinders om in ’n digitale samelewing te kan funksioneer. BELLA wys jou hoe om jou kinders voor te berei daarop sonder om hul skermtyd aansienlik te verhoog.

Die wêreld beweeg al hoe meer na digitale beroepe – beroepe wat in 2019 nog nie eens vir ons werklik klink nie sal ons kinders se voorland wees. Dit is dus wys om kinders op ’n vroeë ouderdom op ’n verantwoordelike wyse aan tegnologie en sy voordele bekend te stel.

Daar is ook gissings dat skole in Suid-Afrika laerskoolkinders gaan leer om te “code” – CodeJIKA wil juis hê dat 20% van skole teen 2020 sal begin met dié programme. Dit sal leerders ’n groot voorsprong gee as hul van jongs af al in ene en nulle ook kan dink.

Daar is verskeie boeke op die mark wat gemik is daarop om kinders te leer code, so as jy self wil inspring en hulle wil help, kan jy gerus na die volgende boeke as ’n beginpunt kyk. Boeke is veral gewild onder kenners, omdat die kennis oorgedra word sonder dat kinders te lank voor ’n skerm sit. Die teoretiese deel word dus nie-tegnologies ingeprent voordat dit ingeoefen kan word.

  • Lift The Flap Computers and Coding (Usborne)
  • Hello Ruby, Adventures in Coding (Linda Liukas)
  • HTML For Babies (John C. Vanden-Heuvel,Sr.)

Indien jou kinders dan verby die boeke vorder kan hierdie apps hul ook help met hul “coding journey”:

  • Kodable
  • Fischer Price Think and Learn Code-A-Pillar
  • Daisy The Dinosaur

Wie weet? Jou kind is dalk net die volgende Top App Ontwerper!

Back To Top
%d bloggers like this: