skip to Main Content
Lees Vir Sukses En Finansiële Vryheid

Om te lees is nie net ontspannend nie – dit kan jou laat denkskuiwe maak wat jou lewe, loopbaan en finansies positief kan beïnvloed. BELLA het gaan kyk na nuwe boeke wat jou kan bemagtig.

Imagine it Forward – Courage, Creativity and the Power of Change (Penguin Random House)

Beth Comstock en Tahl Raz beskryf Comstock se persoonlike werksomstandighede waar sy konstant op soek was na verandering in hoe ’n mens besigheid doen. Sy het vir van die grootste maatskappye in die wêreld gewerk en bespreek die uitdagings (en oplossings) wat verandering in enige industrie meebring.

Foto: Verskaf

This is Marketing (Penguin Random House)

Seth Godin, die bekende bemarkingsguru, inspireer al vir meer as 25 jaar met sy innoverende bemarkingstrategieë. Besighede sukkel soms om tred te hou met al die veranderings in sosiale media, nuwe media en hul teikengroepe wat krimp of moeilik definieerbaar is. In hierdie boek leer hy jou nie net hoe om suksesvolle planne vir jou besigheid te beraam nie, maar ook hoe om daadwerklik oor te gaan tot aksie. Sy planne, wenke en truuks is tydloos en sal steeds werk oor tien, twintig en selfs dertig jaar!

Foto: Verskaf

Bullshit Jobs (Penguin Random House)

Hierdie interessante boek deur David Graeber, is pure leesgenot! Wees ernstig: as jou werk nie bestaan het nie, sou enige iemand dit regtig gemis het? Graeber ondersoek hoe die “bullshit-job”-fenomeen gebeur het. Hoe werk die uiteinde geword het, in plaas van die manier om iets te vervaardig, hoe sulke werke die gebreekte sisteem van finansieringskapitaal onderhou en uiteindelik, hoe ons uit hierdie siklus kan beweeg. As jy dink dat daar ’n beter manier is om die wêreld te laat draai, dan is hierdie boek vir jou.

Foto: Verskaf

Hierdie boeke sal jou help om meer suksesvol te wees en finansiële vryheid te bereik. Beskikbaar by Loot.co.za, takealot.com, Exclusive Books en Reader’s Warehouse. 

Back To Top
%d bloggers like this: