skip to Main Content
TEFL: Te Veel En Te Vinnig?

Daar is iewers in jou familie ʼn niggie of oom wat ʼn goeie wyl terug Londen hulle voorland gemaak het.

Nie permanente emigrasie soos die Australiese afdeling van jou familie nie, maar hulle het minstens ʼn jaar of twee daar bestee.Soos hulle dit stel, was dit ʼn tyd vol geleenthede, dalk nie goeie geleenthede nie, maar baie. Hulle vertel graag uitgebreide stories oor hoe hulle ʼn sekuriteitswag by ʼn bank was of ʼn kelner in ʼn hotel.

Fast forward so agt tot tien jaar tot vandag toe en die helfte van jou Facebook vriende het Thailand en Vietnam hulle tydelike voorland gemaak. Daar het ʼn psigiese skuif plaasgevind en almal wil nou ʼn jaar in ʼn “eksotiese” land bestee en Engels gee, of meer spesifiek TEFL (Teach English as a Foreign Language).

Foto: Shutterstock

Die idilliese idee om ʼn tydperk in ʼn ander land te wees, is baie aanloklik, maar wat as jy dit nie doen nie? Jy kry graag oordeelskyke van mense wat al hierdie ervaring deurgemaak het en nie kan verstaan hoe elke ander persoon dit nie wil/kan doen nie. Jy het dan mos nog nie “gelewe” nie. Wat nog erger is, is die oordeel wat jy op jouself plaas. Jy het in die verlede aan al jou vriende verklaar dat jy soveel jaar oorsee gaan spandeer en nou veroordeel jy jouself omdat jy nie daardie uitlating vervul nie.

Daar is geen rede hoekom jy jouself moet oordeel omdat jy nie daardie oorsee “gap-jaar” in jou 20’s gevat het nie. Dalk is dit nie so vrolik in die buiteland nie. Dit kan maar eensaam raak. Buiten dit, almal by jou huis se lewe gaan aan en hulle wag nie vir jou om terug te keer om die bal aan die rol te kry nie. Jy kan dit altyd doen as jy afgetree het, en of jy hoef nie, daar is geen verwagtinge nie, en nog minder judgement wat jy op jouself hoef te gooi.

Back To Top
%d bloggers like this: