skip to Main Content
Social, Of Somme? Sommer Albei!

In vandag se samelewing het tieners derduisende aandagafleibare faktore wat net onmoontlik is om te ignoreer.

Ek moet bieg dat ek bietjie té veel op Instagram gaan as ek eintlik my Geskiedenis moet opsom. Maar die vraag is, wat beteken dit eintlik om ’n balans tussen akademie en ’n sosiale lewe te hê?

In my eie lewe hou ek van die kreatiewe benadering tot skoolwerk. Iemand het eenkeer gesê, “Work hard, play harder” (ek weet nie wie nie, maar beslis íemand as sy woorde verhaal word). Ek speel dus bietjie musiek om my te help ontspan as ek leer. Ek gebruik my skool se musiekprogram tot my voordeel en sosialiseer sommer by naskoolse vergaderings.

Matrieks: Toe jy nog jonk en single was

Buite die skoolomgewing probeer ek altyd insiggewende gesprekke voer. Ek balanseer my tyd met vriendinne en vermaak deur hier en daar ietsie te vra oor vandag se ekonomie, of hoe klimaatsverandering ’n “politiese” topic is. Hierdeur kan ek bietjie kalmeer, en werk — catch my drift? Dis maklik!

Ek mag dalk volgens my vriende ’n “pliggie” wees, want by die skool probeer ek om slegs te fokus op die skoolbedrywighede. Dit gaan soms kop toe, veral as jy eintlik die persoon is wat die meeste kuiers hou. Die feit bly staan, ek probeer my bes om my persoonlike lewe duidelik te onderskei van my skoollewe. Dit help my deur my fokuspunte uit te sonder, my doelwitte meer gretig te benader en ek kan sommer ook vergeet van wie mekaar gevry het by verlede naweek se partytjie, want Pythagoras se stelling is net vir my meer belangrik.

Matrieks: Aanpassing; die wenresep tot oorlewing

My wenresep is: hou jou skoollewe apart. Dit laat jou vryetyd net soveel beter voel.

 

Geskryf deur: Sabah Cabano van Hoërskool Jan van Riebeeck

Back To Top
%d bloggers like this: