skip to Main Content
Schalk Bezuidenhout: Die Fenomeen Agter Game Of Thrones

Kom ons kry dit ook nou sommer oor en verby… ek kyk nie Game of Thrones nie.

Ek weet, ek weet. “Schalk, jy mis die beste program van alle tye!” Of: “Schalk, jy mis die beste program van alle tye, naas Binnelanders!” (As jy ’n tannie bo 50 is.)

Die finale seisoen van Game of Thrones het wel rekordsyfers bereik op HBO, maar ek het iewers gelees dat meer as 55 miljoen mense dit al intussen geroofkyk het. Dit is natuurlik vir kykers baie gerieflik dat ons in ’n era leef waarin ’n mens so maklik en sonder gevolge onwettig allerhande reekse en flieks aanlyn kan kyk of aflaai, maar dit neem natuurlik geld uit baie hande. Is daar ’n oplossing?

View this post on Instagram

The final season. #GameofThrones

A post shared by gameofthrones (@gameofthrones) on

Wel, baie programme maak miljoene uit product placement, maar die probleem met Game of Thrones is dat dit nie in moderne tye afspeel nie so product placement is nie vir hulle ’n moontlikheid nie. Jon Snow kan nie gaan: “Winter is coming… But luckily I’ll be prepared because Pick n Pay has amazing specials on 100% Egyptian cotton duvets and electric blankets!”

Ek hét altyd Game of Thrones gekyk, okay! Ek het net my plek verloor… Ek weet nie of dit ’n tipe struggle is waarmee slegs millennials kan identifiseer nie, maar ek is seker baie mense kan hulself hiermee vereenselwig. Daai frustrasie van nie onthou of jy op episode 3, seisoen 2 is en of jy op episode 2, seisoen 3 is nie. Dan gee ek net eenvoudig op. Daardie outydse karakters wat so stadig praat klink in elk geval vir my almal dieselfde. Nou en dan gebeur iets cool soos ’n kop wat rol of ’n draak wat vuur poep.

Die feit dat ek nie Game of Thrones kyk nie verander egter nie die feit dat elke keer wat ’n episode uitgesaai word, een of ander televisierekord gebreek word nie. Mense LOVE hierdie show! Onlangs het ’n paar konserwatiewes mos hulle MultiChoice decoders stukkend geslaan of ‘n vleisie daarop gebraai uit lojaliteit aan Steve (ek het nooit gedink ek sal ooit in my lewe daardie sin hoef te tik nie). Mense het dit dan afgeneem en op sosiale media gelaai. In die een video, terwyl Pappa die hammer so lig, kan gehoor word hoe Mamma senuweeagtig in die agtergrond vra: “Maar Pappa, wat van Game of Thrones?”

View this post on Instagram

2 more sleeps. #GameofThrones

A post shared by gameofthrones (@gameofthrones) on

Op forbes.com is ’n artikel wat ’n bietjie insig gee oor waarom hierdie program juis so ’n fenomeen is. “I think we become so emotionally invested in the characters in part because they’re more human and flawed,” skryf ’n Forbes skrywer, Erik Kain [8 Julie 2014]. Mense is moeg vir perfekte prinsies en prinsessies. Tannie Rita met die dubbelken is moeg vir six packs en kaal borste wat nie hang nie. Dis nie realisities nie en dit laat jou vet en sleg voel!

Dis nog ’n ding wat die Forbes artikel uitlig: The show treats “difference” both harshly and tenderly, but what it doesn’t do is ignore it. Game of Thrones maak andersheid sexy. Voetsek met jou protein shake, man! Met die winter wat op pad is gaan daai fris manne eerste sneuwel sonder ’n bietjie vet om hulle warm te hou.

Dalk verduidelik dit die fenomeen van Game of Thrones, maar ek weet nie… Dalk hou mense maar net van drake?

 

Rubriek geskryf deur Schalk Bezuidenhout

Back To Top
%d bloggers like this: