skip to Main Content
Jou Inkopies, Jou Saak

Ons almal is verbruikers. Almal moet op ʼn stadium in die winkels instap en iets koop.

Party mense koop daagliks ʼn “ete-vir-een” pakkie by Woolworths en ander sien die winkels net wanneer dit noodsaaklik is. Nietemin, ons almal bly verbruikers. Soos dit gaan, het elkeen van ons ʼn guilty pleasure koopafdeling. Sommige mense is so suinig met hulle note, maar sit hulle voor ʼn rekenaarwinkel en geld waai asof daar nie ʼn môre is nie.

Lees: Kruip terug na die ouer-nes

Jy sal my altyd in die gesigroom area kry. Daar is nie ʼn oogroom of serum wat my sig verby gaan nie. Op ʼn stadium besef jy wel dat die persoon wat altyd saam met jou winkels toe kom, of jou vriende wat die nuwe inkopiesakkies op jou bed sien, jou begin oordeel oor jou verbruikersmaniere. Dit is dan wanner jy na die elektroniese uitweg oorbeweeg. Hier kan niemand sien presies hoeveel geld jy aan ʼn gesigmasker wat van seebessies gemaak is spandeer nie. Sodra jy op die webwerf van jou keuse gaan, besef jy ook net weer hoe nodig jy daardie 5-in-1 groentesnyer het. Die feit dat jy nie fisies jou kaart hoef uit te haal en te swipenie, help ook nie veel met die hoeveelheid wat jy spandeer nie. Aanlynverkope het dit moontlik gemaak vir die wêreld om hulle geheime koopafdeling weg te steek en nie geoordeel word nie.

Jy kan nou met gemak jou kredietkaart tot op die limiet dryf deur bloot ʼn paar opsies in ʼn metaforiese mandjie te pak en ʼn knoppie te druk. Niemand (behalwe jou bank) gaan weet wat in jou verbruikerslewe aangaan nie. Maar hoekom moet ons dit wegsteek? Moet ek skaam kry oor die 4de gesigroom wat ek die maand gekoop het? Nee! Trotseer in die winkel waar jy al op jou naam genoem word in en koop daardie produk wat jou gelukkig maak. Die lewe is te kort om jou te steur aan mense wat jou oordeel oor jou inkopies.

Back To Top
%d bloggers like this: