skip to Main Content
Die Ballade Van Buite-egtelike Kinders

Flieks het al baie vooropgestelde idees en veralgemenings in ons koppe ingeboor.

Ons almal weet dat stereotipes nie waar is nie (en eintlik baie neerhalend is), máár daar is een stereotipe waar flieks redelik die spyker op die kop slaan. Dit is die stereotipe van ʼn klomp vrouens, tannies om meer spesifiek te wees, wat saam sit en skinder.

Lees: Laat die wenkbroue lig

Hierdie is nie net ʼn blou maan ding nie, dit gebeur sommer weekliks. Oe maar hulle kan skinder en mense sleg sê dat die see jou nie eers kan skoonwas nie. Natuurlik is die oorhoofse onderwerp van al hulle gesprekke ander mense se lewens. Hoe iemand nou weer hulle kop langs die netbalveld verloor het, ʼn anonieme tjek aan die skool uitgeskryf het of vrou X wat alweer by man Y oorgeslaap het.

Een onderwerp vat wel die koek: enigiets wat te doen het met buite-egtelike kinders. Laat hierdie tannies nou net hoor oor daardie een se kind verwag, en sy is ONGETROUD. Waarom plaas die samelewing ʼn groot rooi merk van veroordeling op persone wat kinders “buite die huwelik” kry? Dit is tien teen een klaar erg genoeg vir die persoon om in hierdie posisie te wees (danksy die tannies wat opmerkings daaroor maak), dit is nie nodig vir jou om verder jou oordeel oor die situasie te strooi nie.

Lees: Die Kaap is dalk nié so Hollands

Daar is ook die moontlikheid dat die persoon 100% gelukkig met hulle omstandighede is, dit beplan het en glad nie eers omgee wat ander van hulle dink nie. Ongeag, jou oordeel is nie welkom nie. Maak nie saak hoe die persoon wat in die situasie is daar gekom het en daaroor voel nie, bly dit ʼn onderwerp wat nie vir jou oordeel uitgemaak is nie. Wat van jy ondersteun eerder die persoon, of nog beter, laat hulle wees.

Back To Top
%d bloggers like this: