skip to Main Content
Wat Is Candida En Hoe Kan Jy Dit Verhoed?

’n Yeast infeksie staan ook bekend as Candida. Maar wat presies is dit en hoe kan jy dit behandel?

Yeast infection (of candida) kom redelik algemeen voor onder vroue. Elke vrou het gesonde vaginale bakterieë asook yeast selle, maar wanneer hierdie bakterieë verander kan die selle ook vermeerder. Dit veroorsaak jeukerigheid, swelling, en irritasie. Dit word nie geklassifiseer as ’n seksueel oordraagbare siekte nie alhoewel seksuele kontak dit kan oordra. Maar vroue of meisies wat nog nooit seksueel aktief was nie, kan dit ook kry.

Wat is die simptome van ’n yeast infection of candida?

  • Vaginale jeuk
  • Swelling rondom jou vagina
  • Brandegevoel tydens piepie of seks
  • Pynlike seks
  • Rooiheid
  • Uitslag of “rash”

’n Wit-grys of dikkerige wit afskeiding is ook ’n algemene teken van die infeksie.

Dinge wat jou infeksie kan veroorsaak:

  • Antibiotika
  • Swangerskap
  • Diabetes
  • Swak immuunstelsel
  • Slegte eetgewoontes
  • Hormoonwanbalans
  • Stres
  • Slegte slaap

Hoe verhoed jy dit?

  • Volg ’n gebalanseerde dieet.
  • Eet yoghurt of neem aanvullings wat lactobacillus bevat.
  • Dra natuurlike materiale soos katoen, sy, of linne.
  • Was jou onderklere in warm water.
  • Vervang jou panty liners gereeld.
  • Moenie onderklere, sykouse, leggings, of broeke dra wat te styf is nie.
  • Moenie produkte met reukmiddels by jou vagina gebruik nie (bv. scented pads).
  • Moenie lank in jou nat swemklere bly nie.
  • Moenie lank in die bad lê nie en vermy douche.

 

Back To Top
%d bloggers like this: