skip to Main Content
Uit Die Mond Van ’n Ontwerper

As moderedakteur is daar regtig net soveel ontwerpers om van te kies en te keur en ek is mal daaroor om ons eie, plaaslike ontwerpers altyd bietjie meer krediet te gee.

’n Ontwerper wat aan my mode hartsnare kom ruk het is Ciska Barnard. Ciska Barnard Couture ontwerp  en maak trourokke en aanddrag. Wat wel vir my uitstaan is die feit dat sy gespesialiseerde enige in sy soort dagdrag ook maak en ontwerp op aanvraag. Selfs van ons land se bekendste vermaaklikheidssterre het al by geleentheid in ’n Ciska Barnard Couture skepping gepronk. Ek is ook gelukkig genoeg om een van haar skeppings saam met my Mauritius toe te kon bring en is mal oor die afwerking van haar handewerk.

Ciska het ook so bietjie tips oor die mode met my gedeel voordat ek my klerekas beplan het vir my besoek aan Mauritius en natuurlik deel ek dit graag met BELLA:

Bloese is die nuwe seisoen se moet-hê item en sommer ’n hele paar in ’n string van die seisoen se mooiste kleure.

Dra hulle saam met jeans of blomme rompe.

Dra eenskouer bloese en bloese met verskillende patrone.

Die aandag van jou uitrusting moet getrek word met jou bloes, oop skouers, ruffle afwerking, groot moue – wees waaghalsig en spontaan.

Dra oorgroot tops as rokke.

Om meer oor Ciska Barnard Couture te lees en sien volg haar op Facebook www.facbook.com/ciskabarnardcouture, Instagram @ciska_barnard  of kontak haar by ciskabarnard@gmail.com.

Ek sien uit om my volgende blog met julle te deel oor die nuutste modekeuses as dit kom by nude en frenchies. Volg gerus die BELLA-Mauritius avonture op bellamagsa.com @bellamag_sa @meetmrsmuller.

BELLA-groete

Geskryf deur: Adré Müller

 Foto’s: Verskaf

 

Back To Top
%d bloggers like this: