skip to Main Content
Velsorg En Jou Begroting: So Oorleef Jy

Die volgende vraag is iets wat baie vroue pla wanneer hul persoonlike begroting beperk is: “Wat is die belangrikste basiese beginsels wat ek moet oorweeg om my vel goed te versorg?”

Ana Wiggill, ’n spesialis mediese estetika terapeut en eienaar van Anaclinical, beveel Liefste BELLA lesers aan dat daar vier produkte is wat jy in jou skoonheidsroetine moet insluit.

Eerstens, moet jy belê in ’n goeie reiniger wat ook grimering kan verwyder. “Ek beveel aan md:ultrasense cleanser, wat nie irriterend is nie en geformuleer is vir alle velsoorte,” sê sy.

Lees: 5 Make-up hacks wat geld en tyd bespaar

Volgende kan jy gaan navorsing doen oor ’n bekende “home peeling exfoliator” behandeling – hierdie sal werk om die vel glad te maak, porieë te verfyn, onsuiwerhede skoon te maak en fyn lyne en plooie te verminder. md:prepeel BHA & AHA Complex 8% of md:prepeel AHA Complex 15% is ’n uitstekende opsie, omdat dit Hyaluronsuur bevat wat die vel sal versag en hidreer!

Foto: Verskaf

Dis ’n groot stryd om die noodsaaklike hidrasie te kry in Suid-Afrika se warm, droë somers, verduidelik Wiggill. ’n Eersteklas anti-oksidant sal die vel sagter maak, verfyn en hidreer, veral as dit polihidroksure en vitamiene A en E bevat. “Probeer die md:ceuticals PHA 10 xvit Bionic Super Antioxidant Solution vir beste resultaat.” 

Foto: Verskaf

Laastens, is die belangrikste item van alles in jou beperkte velsorg begroting ’n goeie kwaliteit sonskerm en bevogtiger. “Probeer ons 3D Moisturizing Sunscreen Protection SPF 50+,” sê Wiggill. Sy belowe dat jy nie sal terugkyk nie”. Dit bevat alles in een, is heeltemal sag op die vel en laat geen “whitening” of vetterige oorskot nie – ’n algemene klagte wat oor ander sonskerms aangehaal word,” sluit sy af.

Foto: Verskaf

Vir meer oor Wiggill se werk, besoek anaclinical.co.za of volg haar op sosiale media: 

Instagram: @anaclinical
Facebook: @Anaclinical

Back To Top
%d bloggers like this: