skip to Main Content
Tyd Vir Nuwe Brille? Vermy Liefs Hierdie Vier Foute Om Jou Visie Te Red

Deesdae is almal ’n dokter. Jy doen vining ’n Google-soektog en diagnoseer sommer jouself en siedaar – jou probleem is opgelos en jy stap gerieflik apteek toe vir medikasie.

Wanneer dit egter by verkeerde self-diagnosering en behandeling van die oë kom, kan jy blindelings ’n baie duur prys betaal. Rauhan Naude, die CEO van Dynamic Vision sê dis baie belangrik om oogkundige toe te gaan wanneer jy probleme met jou visie of ander simptome ervaar. Die oogkundige sal jou oë evalueer en toepaslike medikasie, die regte lense en ordentlike behandeling voorskryf wat jou simptome baie vinniger sal laat weggaan as wat jy net sou aanhou om jou self te prober behandel. Dis ook soveel beter in die langtermyn vir die gesondheid van jou oë en die
kwalitieit van jou visie.

Volgens Naude is hierdie die vier mees algemeenste foute wat jy liefs moet vermy:

1. Jy dra die verkeerde voorgeskrewe kontaklense

Die kornea van jou oog moet behoorlik gemeet word om sodoende die regte kontaklense voor te skryf wat behoorlik in jou oë pas. Om die verkeerde voorskrif lense te dra sal baie ongemaklik wees en kan veroorsaak dat jy duiselig voel gedurende die dag, wat nie ideaal is nie. Boonop kan die verkeerde lense ook korneale seertjies veroorsaak wat tot pyn en infeksies lei.

2. Jy toets nie jou oë genoeg nie

Indien jy voorgsekrewe brille dra is dit belangrik dat jy gereeld oogkundige toe gaan vir check-ups en oogtoetse. Brille wat nie meer lekker pas nie of voorgeskrewe lense wat nie meer korrek is nie kan duiseligheid, hoofpyne en onduidelike visie veroorsaak. Oogtoetse help ook om siektes of ander probleme te identifiseer en vroegtydige diagnosering kan help met behandeling om die oë te verbeter. Note to self: maak dringend ’n afspraak by die
oogkundige!

3. Jy gebruik leesbrille wat jy sommer in die winkel kan koop

Jy dink dalk die leesbrille wat jy sommer self in die winkel gekoop het, niks skade kan doen nie, maar vir sommige mense kan dit in die langtermyn skade veroorsaak. Hierdie leesbrille word grootskaal geproduseer en voldoen nie noodwendig aan jou persoonlike behoeftes nie. Die brille kan dubbelvisie veroorsaak en boonop sal dit die probleme wat jy reeds ervaar vererger.

4. Jy gebruik te veel oogdruppels

Oogdruppels wat nie deur ’n mediese kenner voorgeskryf word nie kan baie risiko’s inhou, veral wanneer die verkeerde oogdruppels vir te lank gebruik word. Die meeste kommersiële oogdruppels verklein die buitenste bloedaartjies in die wit gedeelte van jou oog om rooiheid te verminder. Maar terselfdertyd droog dit ook jou oë uit. Die rooiheid keer terug en nog oogdruppels word benodig. Sien jy die bose kringloop? Langtermyn gebruik van oogdruppels wat steroïde bevat kan glaucoma veroorsaak wat lei tot vermindering van visie in die oog.

Wees eerder proaktief en gaan gereeld vir oogtoetse, dra voorgeskrewe brille en gebruik die regte oogdruppels. Jou visie is baie belangrik en jou toekomstige self sal jou hiervoor bedank!

Vir meer inligting oor professionele oogsorg, besoek gerus Dynamic Vision se webtuiste by dynamicvisionsa.co.za.

 

Saamgestel deur: Jeandelene de Kock
Foto’s: Shutterstock
Bron: Rauhan Naude, CEO van Dynamic Vision

Back To Top
%d bloggers like this: