skip to Main Content
Tips Om Jou Velsorgprodukte Meer Effektief Te Laat Werk

Doen jou velsorgprodukte wat dit moet veronderstel is om te doen?

Hier is ’n paar tips wat sal verseker dat jy die beste resulte vanuit elke produk wat jy aanwend, verkry.

1. Exfoliate eerste

Dink aan jou vel as ’n canvas. Die ander produkte sal slegs hul werk effektief kan doen as jy die dooie selle afskilfer en op ’n skoon canvas begin. Onthou om ten minste drie keer peer week te exfoliate.

2. Produkte werk die beste op ’n skoon gesig

Produkte absorbeer baie beter op ’n klam, skoon gesig. ’n Klam (nie nat) gesig reageer soos ’n spons, en sal meer effektief jou room en ander produkte absorbeer.

3. Was met louwarm water

Wanneer jy jou gesig met louwarm water was in plaas van koue water, veroorsaak dit dat jou vel se temperatuur effens styg en dat jou bloedvate en porieë effens groter raak. Dit help dan dat jou produkte beter in jou vel geabsorbeer word.

4. Gebruik ’n serum

Serums het hoë konsentrasies van aktiewe bestanddele wat baie vining en effektief in die vel geabsorbeer word. Dit verhoog onmiddellik die vog en hidrasievlakke in jou vel en is definitief die moeite werd om te probeer.

5. Teenverouderingsprodukte werk die beste in die aand

Retinol en ander anti-verouderingsprodukte werk die heel beste wanneer dit voor slaaptyd aangewend word. Jou vel se temperatuur styg effens in die nag wat dan veroorsaak dat jou vel die produk beter absorbeer. Dus beter reultate!

 

Bron: allure.com

Back To Top
%d bloggers like this: