skip to Main Content
Skoonheidstips Vir Hoog In Die Lug

Om ver afstande na jou honeymoon of vakansiebestemming te vlieg kan baie stresvol vir jou en jou vel wees. Om boonop dan nog goed te lyk in die proses is ook ’n uitdaging!

Hier is BELLA se beste tips om te travel in skoonheid en styl…

1. Gee jou immuunsisteen ’n hupstoot met ’n dosis vitamiene voor jou vlug. Daar mag dalk net iemand op die vlug wees wat siek is en jou dalk aansteek.

2. Wend ’n serum onder jou bevogtigingsroom aan voordat jy die huis verlaat om lughawe toe te gaan. Die serum sal verseker dat jou vel ekstra lank vogtig bly. Probeer African Extracts AdvantAGE Triple Action Serum teen R180.99 vir 30 mℓ.

3. Gebruik ’n bevogtiger wat Hyalaroniese suur bevat- dit verminder waterverlies in die vel. Maak ook seker jy hou jou bevogtiger byderhand op die vlug en wend dit gereeld aan op jou gesig en hande om jou vel vars en gehidreer te hou. Probeer Gatineau Aquamemory Moisturizing Cream teen R835.00.

4. Moenie van jou lippe vergeet nie! Jou lippe kan ook maklik uitdroog in die droë lug, so hou dus ’n lip bevogtiger in jou handbagasie. Ons is mal oor essence se kiss the unicorn lipstick – R44.95.

5. Al is jy baie hoog in die lug is dit steeds belangrik om sonskerm te dra- veral as jy by die venster sit. Probeer SKNLogic Protect SPF30 teen R171.

6. Pak ’n mini haarborsel of tangle teaser in jou handbagasie om jou lokke in plek te hou en slaap met ’n serpie om jou kop om met ’n netjiese haredos wakker te word. BELLA love die goue Tangle Teezer Compact Styler in Gold Rush teen R295.00. (Foto 5)

7. Los eerder die grimering met lang vlugte. Haal al jou grimering af met ’n make-up remover wipe voordat jy slaap en wend dan BB cream, lipstifie en maskara aan voor jy land.

8. Hou jou oogroom en oogdruppels byderhand indien jy te veel flieks op die vlug gekyk het en geen beauty sleep kon inkry nie. Dit sal help dat jy vars en uitgerus lyk op die aankoms van jou bestemming.

9. Onthou om reukweerder in te pak. Niemand hou van ’n stink gogga op ’n vliegtuig nie.

10. Die heel laaste en grootste geheim: drink baie water! Dis noodsaaklik vir hidrasie en algehele gesondheid.

 

Geskryf deur: Jeandelene de Kock
Produk foto’s: Verskaf en shutterstock
Hooffoto: Shutterstock
Bron: Skin care tips for up in the air- Freebees PR

Back To Top
%d bloggers like this: