skip to Main Content
Self-care Is Meer As Net ’n Trend

Self-care was wêreldwyd een van die grootste trends in 2018 en daar is geen tekens wat toon dat dit gou gaan verdwyn nie.

Hier is ’n paar wenke om self-care toe te pas en ook die voordele daarvan uit jou lewe te put.

  1. Unfollow negatiewe mense op sosiale media. Volg slegs mense wat jou inspireer en positief laat voel.
  2. Download podcasts wat jou interesseer en luister dan daarna elke keer wanneer jy in jou kar is.
  3. Maak meer tyd vir mense. Sê vir jou ma jy is lief vir haar en sê dit baie. Bel jou sussie wanneer jy aan haar dink.
  4. Maak ’n energie rooster vir jou dag. Bestuur jou energie in plaas van jou ure en beplan jou dag so uit. Doen dinge wat jy weet baie energie verg in die tye wat jy die meeste energie het.
  5. Kies ’n paar gesonde, maklike resepte en oefen om dit vir jouself te maak.
  6. Moenie uitspreek wat jy haat oor jou lewe, wat jy wens jy kon gehad het of wie jy graag wil wees nie. Spreek eerder lewe oor wat jy wil hê, wat jy besig is om te skep en wie jy is as mens.
  7. Beplan ’n lekker naweek weg, al is dit net ’n spa-naweek vir jouself. Dit sal jou iets gee om na uit te sien.
  8. Maak ’n spaarrekening oop en sit bietjie geld weg elke maand. Al begin jy net met R100.
  9. Embrace dit om net gewoon te wees. Baie angstigheid onstaan as gevolg van die siening dat om gewoon te wees ’n slegte ding is. In realiteit is ons almal (met uitsonderings) maar net gewone mense. Daar is niks fout daarmee nie.
  10. Maak ’n bekommernis lysie. Elke keer wanneer iets jou pla, skryf dit neer in plaas van om daaroor te tob. Dit sal jou help om in die oomblik daarvan te laat gaan en teen die einde van die dag of week kan jy weeer deur die lysie gaan om te kyk of enigiets belangrik genoeg is om jou energie daaraan te skenk.

 

Bron: Thoughtcatalog.com

Back To Top
%d bloggers like this: