skip to Main Content
Kosmetiese Voedsel Vir Jou Vel

THE SKIN CO. het onlangs in Groenpunt, Kaapstad oopgemaak, en dis die heel eerste eetbare kosmetiese gesondheidsrestaurant en velsorg winkel in die wêreld.

THE SKIN CO. is ’n cutting edge, new age vel-, gesondheid- en skoonheidsmaatskappy wat nuwe, innoverende velsorg oplossings bied. Hierdie skoonheidsbrand is definitief enig in hul soort en het definitief buite die boks gedink wanneer dit by velsorg kom.

Die restaurant bedien gourmet plantgebaseerde, seisoenale en plaaslike Fairtrade disse wat elkeen een of meer eetbare kosmetiese bestanddeel bevat. Die bestanddeel wat tans beskikbaar is, is Kollageen, Hyalaroniese Suur en Resveratrol, wat by hul koud geperste sappe en sout geregte gevoeg word. Hierdie kosmetiese bestanddele is almal veilig vir menslike inname.

THE SKIN CO. se konsep is so ideaal! Jy kan ’n lekker slaai eet of smoothie drink, en boonop bestanddele soos kollageen inkry wat wonders vir jou vel doen. Dit klink soos ’n wen-wen situasie! Jy kan kies uit smullekker disse soos Collagen Flapjacks, Banana Beauty Bread, Superskin Latte, Collagen Bowl en soveel meer.

Jy het nou ’n guilt-free verskoning om te indulge in ’n treat soos Banana Beauty Bread! Dit bevat hyalaroniese suur, vanilla vegan cashew roomys, gluten free banana bread, hyalaroniese almond butter, piesang en aarbeie. #Yum!

THE SKIN CO. is gelëe in Groenpunt, Kaapstad. THE SKIN CO. het ook twee sub-brands naamlik Cold Pressed Skin en Instinctive by Nature. Vir meer inligting besoek gerus theskinco.co en volg hulle op Instagram by @theskinco.co

Back To Top
%d bloggers like this: