skip to Main Content
Is Jou Foon Die Rede Vir Jou Aknee?

Die meeste van ons is heeldag, elke dag besig met ons fone. Niks fout daarmee nie! Girlbosses gotta hustle! Maar het jy al oorweeg dat jou foon dalk die rede vir jou ongewnste breakouts is?

Alhoewel ons almal ons fone elke dag gebruik, maak ons dit egter nie elke dag skoon nie! Studies het bewys dat ons selfone vuiler as ’n toiletsitplek is! Jou foon is propvol bakteriëe en versprei binne sekondes na jou gesig! Hierdie is dalk die rede vir jou misterieuse breakouts!

Ongelukkig is dit nie so maklik om net jou foongebruik te verminder nie, ons daaglikse persoonlike en professionele lewens verwag van ons om connected te bly. Daar is wel ander oplossings vir die probleem. Hier is so paar maniere om te verhoed dat jou foon aknee en breakouts op jou gesig veroorsaak:

  1. Dis vanselfsprekend, maar maak jou foon daagliks skoon. Baie winkels het alkohol sproei of lappies wat jy kan gebruik om die bakteriee op jou foon dood te maak.
  2. Moenie jou foon saam met jou in die badkamer invat nie en probeer om dit nie te gebruik terwyl jy op die toilet sit nie. Die bakteriëe in die badkamer gaan verseker na jou foon versprei en dan na jou gesig versprei as jy daaraan vat.
  3. Probeer om te vermy om aan jou gesig te peuter of te druk gedurende die dag, veral nadat jy jou foon gebruik het. Probeer om jou hande ook gereeld deur die dag te was.
  4. Gebruik ’n gehoorstuk, jou earphones of speaker mode wanneer jy ’n oproep op jou foon maak. Op hierdie manier kan jy die kontak tussen jou foon en gesig heelwat verminder!
  5. Indien jy al verby die voorkomende fase is en reeds ’n breakout of twee het, gebruik ’n anti-bakteriële gesigwasseep. Dit sal die rooiheid en inflammasie op die vel verminder.

Quote vir die dag: “To be beautiful means to be yourself. You don’t need to be accepted by others. You need to accept yourself.” – Thich Nhat Hanh

Back To Top
%d bloggers like this: