skip to Main Content
Hou Jou Grimeerborsels Só Skoon

Jy sal definitief nie met vuil hande aan jou gesig vat nie, so hoekom sal jy met vuil grimeerborsels werk? Hier is ’n paar tips om jou grimeerborsels effektief te was.

Jou grimeerborsels is ’n broeiplek vir bakterieë en moet gereeld gewas word om te vermy dat hierdie bakterieë nie breakouts op jou vel veroorsaak nie. Dit word aanbeveel dat jou grimeerborsels minstens een keer per week gewas moet word of selfs meer indien jy gereelde breakouts kry. Indien jy nie tyd het om dit weekliks te was nie, probeer om dit te was wanneer jy onthou!

Stappe om jou grimeerborsels te was:

  1. Maak jou grimeerborsels nat onder louwarm water en gebruik ’n anti-bakteriële seep om die borsels te ontsmet. Laat dit lekker skuim maak en spoel af.
  2. Gebruik ’n sagte shampoo soos baba shampoo om enige oorblywende bakterieë en grimering af te was. Masseer die shampoo met jou vingers in die borsels se haartjies.
  3. Voeg antiseptiese tea tree olie by vir ontsmetting teen bakterieë.
  4. Spoel die borsels af onder louwarm water.
  5. Druk die oorblywende water uit deur met handdoekpapier op die borsel haartjies te druk. Laat die borsels plat lê op ’n handdoek of handdoekpapier om droog te word.

Indien jy nie grimeerborsels gebruik nie, maar eerder ’n sponsie of jou hande om grimering aan te sit, is dit ook belangrik om dit skoon te hou. Vervang jou sponsies gereeld en maak seker dat jou hande altyd skoon is voordat jy grimering aanwend.

“I believe all women are pretty without makeup- but with the right makeup can be pretty powerful.”- Bobbi Brown

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: