skip to Main Content
Eksperimenteer Met Jou Oë Dié Winter

Laat jou oë die praatwerk doen hierdie winterseisoen. Hier is 5 trends wat jy kan probeer.

1. Bold lyne 

Swart liquid liner is steeds die ultimate look. Gee oor aan jou kreatiewe impuls en skep ’n vuurwarm look met ’n gedramatiseerde cat-eye en lang lashes.

BELLA is mal oor:

 

Catrice liquid liner (R69.95)

Essence The False Lashes Mascara (R59.95)

 

Glominerals Glographic Liner (R661.00)

2. Kleure wat POP

Hou dinge interessant met helder kleure! Indien jy steeds minimalisties wil wees, wend net bietjie ekstra kleur aan jou ooglede. Gebruik kaleidoslopiese kleure vir jou cat’s eye flick, of wend net bietjie neon oranje eyeshadow in die binnehoeke van joe oë vir ’n look wat cool, fun en vol energie is.

BELLA is mal oor: 

Mavala Crayon Lumiere Eyeshadows (R187.00)

Beskikbaar in lieflike kleure soos pastelle, juweelkleure en helder neon kleure en dis vining en maklik om aan te wend.

3. Sculpted nudes

Die tradisionele smokey eye het ontwikkel en verander na ’n sagter, meer neutrale palet met meer natuurlike kleure vir beter dimensie. Hierdie look spel elegansie, veral wanneer room metallic eyeshadow oor die matte eyeshadow geplaas word om die gevoel van subtiele verfyning en sundowners te skep. BELLA Tip:  Gebruik ’n oog primer onder jou eyeshadow sodat die kleur mooi bly regdeur die dag. 

Catrice Prime and Fine Brightening Eyeshadow Base (R69.95)

BELLA is mal oor: 

Rvblab the Makeup’s Essentials Nude Palette (R845.00)

4. So blou soos die see 

Kim Kardashian het blou eyeshadow weer laat terugkeer vanuit die negentigerjare, maar hierdie keer is dit baie sexier en baie meer stylvol. Dramatiese blou oë was ook te sien by Moschino se fashion show in Milan en by die Mugler show in Parys. Teal, azure, sapphire en sky- take your pick, daar is ’n skakering vir almal.

BELLA is mal oor:

Essence Electric Vibes Eyeliner (R44.95)

Dr Hauschka’s Single Eyeshadow (R345.00)

Glominerals Eye Shadow in Ocean (R325.00)

5. Glitter! 

Dis altyd ’n goeie tyd vir glitter! Jou gesig, oë, lippe en naels is almal in die mix wanneer ’n mens hunker na bietjie ekstra glitter. Dra dit half slordig vir maksimum effek, met die idee dat dit meer disfunskionele disco is as full on glam.

BELLA is mal oor:

Essence Glitter on Glitter Off Peel Off Nail Polish (R54.95)

Mavala Mini Nail Colours in Pure Diamond (R87.00)

Pink Diamond (R87.00)

Back To Top
%d bloggers like this: