skip to Main Content
Droë Lippe Gedurende Die Winter – Oorsake En Oplossings

Soos wat die temperature buite al kouer raak, kan jou lippe uitdroog en daaronder ly. Hier is moontlike oorsake asook oplossings vir pynlike, droë lippe.

Wat is die oorsaak van droë lippe?

Die vel in jou lippe het nie oliekliere soos die res van jou liggaam nie, daarom kan jou lippe baie makliker uitdroog. ’n Tekort aan vog kan ook die probleem vererger, en kan weens weerstoestande of selfs ongereelde, onvoldoende selfsorg wees.

Die lae humiditeit in die winterlug kan ook droë, gekraakte lippe veroorsaak, asook te veel blootstelling aan die son in somermaande. Nog ’n ander algemene oorsaak is herhalende lek van die lippe. Die spoeg van jou tong strip jou lippe van vog wat dit selfs meer laat uitdroog.

Soms is droë lippe onvermydelik! Veral in die wintermaande. Darem is daar oplossings vir die probleem.

Oplossings en behandeling vir droë lippe:

Droë lippe kan meeste van die tyd effektief by die huis behandel word. Die eerste stap is om vog weer terug in jou lippe te sit. Dit kan op die volgende maniere bereik word:

-Sit gereeld lipsalf aan gedurende die dag, asook in die aand voor jy gaan slaap.

-Dis soms moeilik in die kouer wintermaande, maar drink meer water!

-Gebruik ’n humidifier. Sit een in jou kamer wanneer jy slaap in die aand.

-Probeer om koue weerstoestande te vermy, of maak jou mond met ’n serp toe indien jy in koue temperature gaan wees.

-Die son is steeds skadelik in die wintermaande, so probeer om ’n lipsalf met SPF aan te wend vir ekstra beskerming.

Indien jou toestand nie verbeter nie en jou lippe kraak, bloei en baie pynlik is, sal dit goed wees om eerder ’n besoek by die dokter te maak. Daar kan dalk ander onderliggende of mediese probleme wees wat die oorsaak van jou pynlike gekraakte lippe is.

Back To Top
%d bloggers like this: