skip to Main Content
Die Voordele Van ’n Warm Bad

Dis ons menslike instink om die helende kragte van ’n bad te verstaan. Van kleintyd af word badtyd gebruik as ’n geleentheid om al ons bekommernisse en sorge in die warm water weg te was.

Warm water verlig pyn, die stoom verbeter verkoue simptome en op ’n onderbewuste vlak help die gevoel van dryf in die water om ons te kalmeer omdat dit ons herinner aan toe ons nog in die baarmoeder was.

Volgens die kenners, duur die optimale bad vir 10 tot 20 minute en dis die beste om te mik vir ’n temperatuur tussen 25-32 grade Celsius. Die water moet warm wees, maar nie kokend warm nie. Warm water sal jou porieë oopmaak wat dan help om toksiene vry te stel. Indien jou badwater warmer as 44 grade Celsius is, het jy die risiko dat jou bloeddruk verhoog en dat jou vel dan van al die goeie olies gestrip word, daarna sal jou vel droog, styf en jeukerig voel. Dis nie juis ideaal nie, so probeer om té warm water vermy.

Foto: Shutterstock

Hoekom is dit goed om te bad? Om te bad gee ons die perfekte geleentheid om weg te breek van ons besige lewe. ’n Lekker badsessie kan jou gemoedstoestand positief beïnvloed, help om die irritasies op die vel te verminder en om algemene gesondheidsprobleme te verlig. Navorsing wys dat badtyd jou stresvlakke verlaag en serotonien (die goed-voel hormoon) verhoog. Daar is ook bewyse dat bad jou fisiese gesondheid kan verbeter. ’n Warm bad boost jou immuunsisteem, dit verbeter slaapgewoontes en verlig chroniese pyn en spierpyne.

Aangesien dit nou winter is en met die bogenoemde in ag geneem is daar meer as genoeg om redes om enige iemand te oortuig om weer tyd te maak vir ’n ontspannende bad. Neem ’n paar minute uit jou besige dag en tap ’n bad vol borrels en drink sommer ’n glasie wyn – dit mag dalk net wees dat ’n bad ’n dag die dokter laat wag.

 

Bron: Lush UK

Back To Top
%d bloggers like this: