skip to Main Content
Bereik Kalmte Met Klank En Kleur

 Ons liggame is soos ’n groot rekenaar wat al ons emosionele ervaringe oor die jare stoor.

’n Masseringsmetode naamlik die Antaneea tegniek maak gebruik van kleur en klank om jou te help om van hierdie emosionele pyn ontslae te raak.

Dinge soos verwerping as kind, die dood van ’n familielid of ander traumatiese ervarings het ’n groter invloed op jou liggaam as wat jy dink. Met die Antaneea tegniek, word hierdie traumatise ervaringe wat jy in jou liggaam stoor uitgelig en daar word bepaal hoekom dit gestoor word. Tydens die kalmerende massering, sal die ervare terapeut jou liggaam kan lees om jou sodoende te help om herinneringe van verlede traumas en onopgeloste probleme tot die lig te bring, en dan vry te laat.

Lees: Top 10 Tissue-Olie Tips

Jou liggaam sal slegs dinge openbaar waarvoor jy reg is om te hanteer in daardie oomblik. Tydens hierdie ongelooflike kalmerende terapiesessie word daar 12 verskillende gekleurde olies gebruik, en die liggaam word drie keer masseer. Die eerste kleur sequens ondersteun die fisiese liggaam, die tweede ondersteun die emosionele liggaam en die derde connect met jou spirituele liggaam.

Foto: Shutterstock

Na hierdie proses word volledige klank vibrasies gebruik om die liggaamselle wakker te maak en lig in die liggaaam te bring. Die kombinasie van kleur en lig skep ’n ongelooflike verskuiwing wat die persoon terug op hul sielspad rig. Dis nie altyd lekker om met die verlede te deal nie, maar wanneer jy braaf is en graag dinge wil aanspreek wat soveel pyn in jou lewe veroorsaak het, bring dit bevryding wat jy aan niemand kan verduidelik nie. Jou liggaam voel weer lig, gesond en vry van jou verlede se laste.

Die hele proses klink dalk vreemd en nuut, maar dit is ’n ongelooflike kalmerende en helende ervaring, mits jy oop is daarvoor! Die Bybel sê tog vir ons in 1 Tessalonisnse 5:21: “Beproef alles, maar behou die goeie”.

Lees: Top 5 Zen Bestemmings in SA

Indien jy graag die Antaneea behandeling wil probeer of enige addisionele vrae het, kontak gerus vir Sally Harvey by sally@theedgecommunications.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: