skip to Main Content
3 Wenke Vir ’n Natuurlike, Beeldskone Vel

Jy kry net een vel in ’n leeftyd – so maak seker jy sorg daarvoor so goed as wat jy kan! Deur slegs ’n paar wenke te volg, kan jy op ’n meer natuurlike manier jou droomvel verkry.

1. Gee jou vel ’n clean break

Volgens die kenners is ons velle selfs nog vuiler as gevolg van besoedeling in die omgewing waarin ons leef. Jou vel kan slegs optimaal funksioneer en op haar beste lyk wanneer die lae van besoedeling, lankgblywende grimering en die vel se eie sebum verwyder word sodat die duur produkte wat jy op jou gesig gebruik actually hulle werk kan doen. Die nuutste denkwyse om ’n super skoon vel te kry is die double cleansing tegniek wat ’n dieper cleanse gee deur gebruik te maak van pre-cleansing olie. Die liggewig olie word gebruik om vuilheid op die oppervlak weg te smelt en daarna gebruik jy jou gewone cleanser. Die resultaat? Die perfekte vel op jou vingerpunte. Probeer Dermalogica Precleanse, beskikbaar by Sorbet landswyd.

Foto: Shutterstock

2. Ontdek bestanddele wat jou vel sal hernu

Ons leef in ’n era waar jou vel nie meer geklassifiseer word deur jou ouderdom nie, maar deur jou leefstyl. Té veel van plesiertjies soos alkohol, sigarette en son doen geen guns vir jou vel nie. Boonop speel stres en die omgewing ’n groot rol tot velkondisies soos aknee in volwassenes en psoriasis. Dus is kragtige antioksidante, wat soos ’n polisie-eenheid vir die vel optree, belangriker as ooit. Kyk uit vir belangrike antioksidante soos vitamien A, C en E, asook bestanddele soos groentee, vinkelsaad ekstrak sowel as druiwesaad ekstrak. Probeer Environ se Antioxidant Gel, beskikbaar by Sorbet. Ensieme is ook groot nuus. Ensieme help om die vel te hernu vir die voorkoms van ’n sysagte gelaat. Koop ’n masker wat ensieme bevat en wend dit twee keer per week aan.

3. Luister na wat jou vel vir jou probeer sê

Jou vel probeer daagliks met jou kommunikeer en dis belangrik dat jy luister! Jou gemoedstoestand het ’n geweldige groot impak op die toestand van jou vel. Wanneer jy gestres is, kry jy breakouts en jou vel is lusteloos. Wanneer jy gelukkig is, glow jy!

Onthou: somtyds is dit jou leefstyl wat aangespreek en verbeter moet word, in plaas daarvan om nog ’n laag room aan te sit.

Back To Top
%d bloggers like this: