skip to Main Content
10 Redes Hoekom Jy Voorskrif-sonbrille Moet Dra

Ons almal is mal oor ’n paar trendy sonbrille wat ons saam met outfits kan mix en match, maar goedkoop brille is nie noodwendig ideaal vir jou oë nie.

Volgends Rauhan Nade, CEO van Dynamic Vision, moet jy eerder twee keer dink voordat jy ’n goedkoop paar sonbrille koop. Veral wanneer jy ’n bril op voorskrif dra. Swak kwaliteit sonbrille kan jou visie benadeel en dis vandag makliker as ooit om modieuse sonbrille te kry wat funksioneel ook is.  

Hier is 10 goeie redes hoekom jy voorskrif-sonbrille moet dra:

  1. Voorskrif-sonbrille verseker dat jy jou gunstelingboek met gemak buite in die son kan lees.
  2. Dis baie meer gemaklik om jou voorskrif-sonbrille te dra op dae wanneer jy nie jou kontaklense in het nie.
  3. Dié sonbrille is nou in verskillende liggewig materiale beskikbaar en premium brands doen baie navorsing om goeie kwaliteit brille met ’n lang leeftyd vir die verbruiker te vervaardig.
  4. Gepolariseerde voorskrif-sonbrille blok 100% van skadelike ultraviolet strale. Goedkoop sonbrille bied nie dieselfde beskerming nie.
  5. Jy kan maklik ’n paar sonbrille vind wat by jou leefstyl pas en steeds fashionable is.
  6. Jy kan selfs ‘glare’ beskerming by jou brille voeg vir uitstekende visie tydens buitemuurse aktiwiteite.
  7. Jou oë sal beskermd wees en jou visie sal goed ondersteun word wanneer jy bestuur.
  8. Daar is lense beskikbaar vir al jou visie vereistes. Jou sonbrille se lense word so aangepas om jou te akkommodeer.
  9. Die dra van voorskrif-sonbrille verminder die risiko om katarakte, retinale skade en velkanker op die ooglede te ontwikkel juis omdat dat dit ’n hoë vlak van beskerming teen ultravioletstrale bied.
  10. Voorskrif-sonbrille verseker helder visie en verbeter kontras wat weereens voordelig is wanneer jy bestuur.
Back To Top
%d bloggers like this: