skip to Main Content
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen

As jy goed voel in die klere wat jy dra wanneer jy oefen, sal jou sessie soveel meer produktief wees.

Die eerste stap van oefening is om dit deel te maak van jou roetine en daarom moet jy belê in oefenklere waarin jy goed voel. Jou motivering om aktief te wees is outomaties hoër wanneer jy ’n paar ordentlike oefenklere in jou kas het. Jy het geld daarop spandeer, nou móét jy gebruik maak daarvan, right?

Hier is ’n paar tips wat kan help om die perfekte uitrusting te kies vir jou liggaamstipe en oefen styl.

1. Die Top

Alhoewel dit die verantwoordelikheid van enige oefen brand se ontwerpers is om te verseker dat die materiaal en styl geskik is vir oefening, moet jy steeds oplet na wat vir jou sal werk.

Verkies jy die natuur? Kies ’n toppie met ’n mou wat kan beskerm teen die son. Wees versigtig vir allerhande fancy zips, knopies en sakke. Less is more.

Foto: Maleene Henrichsen | Top & Broek: Cotton On Body

Gym meer jou ding? Dit raak warm in ’n besige gimnasium gepak met oefenslywe, maar daar is geen son nie. ’n Dun bandjies top is ideaal. Daar is verskeie opsies om van te kies, van lang los toppies tot stywe crops. Pasop vir té styf, dit rol op terwyl jy oefen – soos wanneer jy byvoorbeeld mountain climbers doen.

Wenk: Gaas of net insetsels is wonderlik vir ekstra afkoeling.

2. Die broek

Weereens hang dit af van watter tipe oefening jy doen. Oefen tights is beskikbaar in verskeie lengtes, kleure en style. Dis belangrik om dit aan te pas en seker te maak dit sit gemaklik. Dit moenie los sit nie, anders voel dit of dit afgly terwyl jy oefen. High waisted style is fantasties om jou magie onder beheer te hou, veral dié met ’n stywe ondersteuningsband ingebou.

Foto: Maleene Henrichsen | Top & Broek: Cotton On Body

Skaf eers een of twee pare aan in neutrale kleure soos swart en grys. Jy kan later kleurvolle bypassende pakkies koop.

Wenk: Maak seker dit skyn nie deur nie. Ordentlike oefen tights word van ’n dikker materiaal gemaak en die korrekte grootte (nie té styf) sal dit ook verhoed.

Oefen kortbroeke is ook ’n opsie. Ideaal vir draf of HIIT oefeninge. Daar is natuurlik ook die biker short. ’n Fashion statement op sy eie.

3. Die ondersteuning

Dié is ’n rede hoekom baie dames nie wil oefen of in oefenklere wil belê nie. Harde oefening kan jou borste nogals seer maak indien jy nie die korrekte ondersteuning het nie. Daarom is dit die eerste ding wat jy moet aanskaf. Baie brands klassifiseer hulle bra’s van lae tot hoë impak, met ekstra versterkings in.

Foto: Maleene Henrichsen | Bra: Cotton On Body

Vir dames met groter borste, maak seker die bandjies is stewig en dit sit gemaklik om jou middellyf.

Wenk: Gevlegde bandjies en komplekse rug style is mooi maar maak seker dit bied jou die ondersteuning wat jy nodig het om op en af te spring.

Die belangrikste wenk: voel goed in die uitrusting wat jy dra. Moenie probeer fancy wees nie. Maak seker alles pas behoorlik, want jy wil nie daaroor bekommer as jy besig is met jou 10de burpie nie.

Foto: Maleene Henrichsen | Bra: Cotton On Body

Deel jou gunsteling oefen brands met ons by @bellamag_sa.

 

Fotograaf: Maleene Henrichsen

Model: Kelly Ann Gouws van Boss Models Jhb

Hare: Inge van Heerden 

Grimering: Jeandelene de Kock

Back To Top
%d bloggers like this: