skip to Main Content

“Change the game, don’t let the game change you.” – Macklemore

Voel jy partymaal dat jy vir ure na jou kas staar, maar net nie wen nie? Wel, dan is dit tyd om te reload. #LiefsteBELLA help met 5 maklike items om jou fashion game te wen!

1. Die LBD

Dit is sowaar die oplossing tot al jou probleme. Die geheim is om een te kry wat jou liggaamsbou pas en jou selfvertroue ‘level up’.

Swart Rok: H&M

As jy nie hou van stywe rokkies nie, kies eerder ’n elegante empire of A-lyn snit. Dié item se geheime wapen is dat dit vinnig getransformeer kan word van alledaags tot formeel.

Bloes en Swart Pinafore: Cotton On

2. Die Denim Baadjie

Augustusmaand is een van daardie deurmekaar maande waar dit ysig in die oggende is en lekker warm in die middae. ’n Denim baadjie is jou oplossing.

Denim baadjie: H&M | Denim: Freddy Jeans | Rugsak: Colette Hayman

Dit gee jou uitrusting tekstuur, pas maklik by alles en sodra dit warm word bind jy hom op jou heup.

Denim baadjie: Cotton On | Denim romp, crop top en sling sak: H&M

3. Die Dungaree

Dié ikoniese item van die 80’s is terug in styl en ons kan nie meer opgewonde wees nie. Lank of kort, lig of donker, die opsies is eindeloos. Jy kan dit gemaklik dra saam met ’n trui en tekkies in die winter of t-hemp en sandale vir die somer. Hierdie is nou die een item wat jou regdeur die jaar gaan vat.

Denim dungaree en t-hemp: Cotton On

4. Die Sneaker

Gekleurde veters, tossels in plaas van veters of Spice Girls sole. Sneakers was nog nooit so trendy nie!

Tossel skoene: Mr Price

Maak seker jy kry vir jou ’n paar wat goed by jou styl sal pas.

Platforms: H&M

Moenie bang wees vir iets nuuts nie, dit sal jou definitief laat vergeet van jou moeë voete en ’n glimlag op jou gesig sit.

Swart Sneakers: Mr Price

5. Die Hoodie

’n Hoodie is altyd ’n goeie idee! Ons is veral verlief op die cropped weergawe of die met oulike slagspreuke op. Dra dit saam met ’n mini of high waisted denim en jy het ’n wenner uitrusting!

Hoodie: H&M | Swart denim: Supré

 

Modelle: Ryki en Paige Broughton
Fotograaf: Henry Marsh Photography
Videograaf: Andreas Georghiou
Grimering: JB Make Up Team
Hare: Luzanne Hair Design
Venue: The Fun Company, Menlyn Park

Back To Top
%d bloggers like this: