skip to Main Content
Top 5 Mode Ontwerpers Vir Jou Matriekafskeid

Die vere maak die voël beslis op dié spesiale dag.

Matriekafskeid is om die draai en hier is BELLA se 5 gunstelingontwerpers.

1.Gert-Johan Coetzee

Ons het verseker nie ’n tekort aan mode ontwerpers in Suid-Afrika nie, maar Gert-Johan Coetzee kraai koning. Een van Melinda Bam se gunstelingontwerpers, en verseker ook ’n BELLA gunsteling. Volg hom op social media: Gert-Johan Coetzee (Pty)Ltd

2. Carike Nel

Sy het al talle bekendes aangetrek vir die rooitapyt! Mense soos Leah, Donnalee Roberts en Nádine vertrou haar om hulle stylvol en elegant te laat lyk. Of jy ’n nuwe rok wil laat ontwerp of net een wil huur, Carike sal jou kan help. Volg haar op social Media: Carike Nel Designs

3. Estelle Designs

Estelle mag dalk nog nuut op die toneel wees, maar het verseker al ’n hele paar snak-na-jou-asem rokke gemaak. Sy is beslis ’n ontwerper om voor uit te kyk. Met goeie pryse en ongelooflike idees is dit die moeite werd om by haar te gaan kuier. Volg haar op social media: Estelle Designs

4. Cindy Bam

Sy bly in die mooie Kaap en het al sterre soos Cindy Nell-Roberts, Jeanie D en Candice Boucher aangetrek. As jy opsoek is na ’n dramatiese rok wat aandag gaan trek en nog lank na die aand ’n besprekingspunt gaan wees – is sy jou regte ontwerper. Volg haar op social media: Cindy Bam

5. Ilse Roux

Met talle pryse onder haar naam, het sy goed naam gemaak in die trou-industrie maar is ook bekend vir haar asemrowende aandrokke. Meisies in die Kaap, maak ’n afspraak en sien hoe jou sprokiesrok ’n realiteit word. Volg haar op social media: Ilse Roux Bridal Wear

 

Geskryf deur: Danielle Steynvaardt

Back To Top
%d bloggers like this: