skip to Main Content
Maleéne Hinrichsen
Maleéne Hinrichsen
Maleéne Hinrichson
Maleéne Hinrichson

Wie sal ooit die ikoniese Sex in the City Dubai kan oomblik vergeet? 

Feeste, die warm son en diermotiewe. Net omdat dit winter is beteken dit nie jy moet jou fashion game verloor nie. Dis nou die tyd om jou festival uitrusting reg te kry en BELLA deel ’n paar maklike tips om te volg.

  1. Diermotiewe

You and me baby ain’t nothin’ but mammals… Die trend is terug – dieremotiewe! Nie noodwendig almal se gunsteling nie, maar die styl kan baie klassiek oorgedra word. Kyk veral na buitengewone kleure soos navy, pastel of helder kleure. Jy kan die tendens probeer deur bykomstighede met diermotiewe aan te sit of jy kan all out gaan met jou hele uitrusting of skoene.

Skoene: Rubi Shoes | Romp & Trui: Cotton On | Baadjie: Scotch & Soda

Rok: Poetry | Belt Bag & Skoene: Rubi Shoes | Juwele: Colette by Colette Hayman

  1. Belt-it!

Dis ’n moet vir dames om hul middel te beklemtoon. Daarom is ’n belt jou geheime wapen. Jy kan enige uitrusting stylvol maak met ’n interessante beld om jou middel.

Dit kan ’n klassieke beld met gespe wees of net een wat jy kan knoop. Nóg beter is die belt bag trend – praat van wen-wen!

Belt Bag: Rubi Shoes | Rok: Poetry

Romp: Cotton On | Beld: Poetry | T-hemp: Scotch & Soda | Juwele: Colette by Colette Hayman

  1. Baie Bykomstighede

Wie het gesê less is more? Nie met dié tema nie! Tassel oorbelle, armbande, hangertjies en nog vele meer. Layer sommer ’n paar oor mekaar en moenie vergeet van die ringe nie. Sling bags is natuurlik ’n goeie idee en jy kan alles afrond met ’n printed haarserp of kopband.

Juwele: Colette by Colette Hayman

Juwele: Colette by Colette Hayman | Haarserp: Cotton On

Festival ready! Deel jou uitrusting met ons by @bellamag_sa.

 

Krediet vir die fotosessie:

Foto’s: Maleene Hinrichsen

Model: Cameron de Klerk van Boss Models

Boss Models

Grimering: Jeandelene de Kock

Hare: Inge van Heerden

Venue: Moroccan House Pretoria

Klere en Juwele: 

Scotch & Soda

Colette by Colette Hayman

Cotton On

Poetry

Rubi Shoes

 

 

 

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: