skip to Main Content
Suited For Her: ’n Uitrusting Gepas Vir Die Besigheidsvrou In Jou

“You can have anything you want in life – if you dress for it.” – Edith Head

’n Suit is vir ’n lang tyd net gesien as ’n mans-item. Dit het gou die alledaagse norm geword vir die besigheidswêreld. Vandag trap ons oor die geslagslyn en word mans-items getransformeer en herontwerp in stylvolle suits vir dames.

Celeste McTurk, eienaar en stigter van die damesreeks Suited For Her (SFH), het die gaping in dié mark raakgesien.

“Ek het agtergekom dat daar, met die moderne vrou, al hoe meer belangstelling getoon word vir mooi, moderne and vroulike suits en dat al hoe meer vrouens in daardie rigting beweeg, veral in die korporatiewe wêreld.”

Sy het nog altyd ’n belangstelling gehad in suits maar kon dit nooit voluit nastreef nie weens die feit dat dit nie regtig beskikbaar was nie. Sy het 2019 afgeskop met ’n nuwe avontuur en BELLA is trots om in samewerking met Leandie du Randt Bosch, deel te kon wees daarvan.

Die fokus van die reeks is maak-vir-pas. Dit is nie in die besigheidsplan om ’n winkel te besit nie maar eerder ’n een-tot-een persoonlike verhouding met elke kliënt. Aan die einde van die dag het jy ’n suit wat vir jou gemaak word net soos wat jy dit verkies.

“Om daardie uitdrukking op ’n kliënt se gesig te sien as hulle die perfekte kledingstuk aantrek is waarna ons streef.”

Die prysklas van ’n suit kan afhang van verskeie faktore waarvan die grootste invloed die tipe material is. SFH werk hoofsaaklik met 100% wol en kan ’n suit maak vir sowat R5 700,00.

Tans is SFH hoofsaaklik gebaseer in Johannesburg, maar lewer hul dienste landswyd. Deel van die persoon-tot-persoon model beteken dat hulle na jou toe kom, hetsy dit by die huis of kantoor is, om die proses vir jou te vergemaklik.

Hierdie is maar net die begin vir SFH en jy gaan sommer nog baie van dié #girlboss reeks hoor.

Want sukses begin in jou klerekas!

Facebook: @suitedforher

Instagram: @suited.for.her

Webblad: suited.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: