skip to Main Content
Stileer Jou Swembroek Só

Desembermaand is sinoniem met vakansie en dit beteken geen meer korporatiewe uitrustings en swaar laptop sakke nie.

Jy is teen die tyd van die jaar so in die gewoonte om professioneel vir die kantoor aan te trek dat wanneer die vakansie aanbreek jy skielik soek na die korrekte dress code vir die strand. Moenie bekommer nie #LiefsteBELLA, die antwoord is dat daar nie een is nie. Skop jou skoene uit en voel die sand tussen jou tone met die swembroek styling tips:

1. Verruil jou onderklere vir jou swembroek. Dit kan jou uitrusting ’n interessate twist gee en dan is jy sommer reg om te gaan van land tot strand.

2. Dra jou bikini top saam met ’n warp skirt vir ’n boho chic uitrusting. Probeer ’n high waisted opsie of vol swembroek indien jy skrikkerig is om te veel lyf te wys. Beskikbaar by Cotton On & MRP.

 

3. Vir ’n meer klassieke uitrusting, dra jou vol swembroek saam met ’n los knopiesrok. Dra ’n belt om jou middellyf en beklemtoon jou figuur. Beskikbaar by Cotton On.

4. Die spelerige dungaree en pinafore doen ook weer die rondtes en is perfek vir bo-oor jou swembroek. Beskikbaar by Cotton On & MRP.

 

5. Pak lig en gebruik jou vol swembroeke as bodysuit vir saam met jou denims. Daar is verskeie mooi patrone nou beskikbaar en sal die beplanning van jou uitrusting soveel keer makliker maak. Beskikbaar by  MRP.

 

Channel jou inner Malibu Barbie en geniet die son, sand en see. Deel jou uitrusting met ons by @bellamag_sa.

Hooffoto:

Fotograaf: Henry Marsh Photography
Hare en grimering: JB Makeup Team
Modelle: Marciel Hopkins, Riane Havenga, Carla Boshoff
Blou en pers bikini: MRP
Wit blomme bikini: Pretty Jane Shop
Dekor: MRP Home & Palm Palm 

 

Geskryf deur: Bianca Raath
Produk foto’s: Verskaf

Back To Top
%d bloggers like this: