skip to Main Content
SAFW Bring Die Loopplank Na Sandton City

Every day is a fashion show and the world is your runway.

Vanaf die street style in New York, na die front row in Londen en die mode bloggers in Milan, dis SA se beurt om met ons mode talent te spog.

SA Fashion Week het Dinsdag hulle program vir die Lente Somer 2018 reekse bekendgestel en daar is soveel om na uit te sien. Die week skop af op 10 April met ‘n spesiale reeks deur Woolworths genaamd Style by SA. Rich Mnisi en Thebe Magugu is twee van die bekende ontwerpers wat deelneem aan die statige vertoning.

Die week ontvou met baie om na uit te sien onder andere ‘n swemklere reeks, power dressing brand ERRE, Amanda Laird Cherry en ‘n somer reeks van Cape Wools SA.

Sit jy al op die voorpunt van jou stoel? Ons doen beslis! Maak jou Samantha, Charlotte en Marinda bymekaar, channel jou inner Carrie en kry jou kaartjie, want dié is die perfekte girls night out!

Besoek safashionweek.co.za vir meer inligting en om jou kaartjie te boek. Maak seker jy volg hulle op social media vir al die aksie.

 

Facebook: @safashionweek

Instagram: @safashionweek

Twitter: @safashionweek

 

Geskryf deur: Bianca Raath

Foto’s: Verskaf deur SAFW

Back To Top
%d bloggers like this: