skip to Main Content
Pop Art Neem Die Modewêreld Oor!

Pop Art is eksperimenteel en nie-emosioneel. Anti-Art met abstrakte alledaagse elemente is mode.

Comics en bekende ikone, rebelleer teen die gewone pretensieuse en die banale, dis kuns en klere maar ook kultuur – die grootste mode-invloed is weer hier. Die komiese en ironie in helder blou, geel en rooi word gedruk op alles wat jy kan aantrek.

Waar kom dit vandaan?

Pop Art het onstaan in die vyftigerjare en bekende kunstenaars soos Andy Warhol (Marilyn Monroe se gesigprent) en Roy Lichtenstein (comic boek illustreerder) het dit bekendgestel. Die uitsny papierpop, advertensies, massa kultuur, kos-items en meubelstukke in kolletjie kleur bedrukte patrone is oraloor in die mode. Jy kan dit nie ignoreer of miskyk nie. Dis in jou gesig!

Foto:Shutterstock

High Fashion is High op Pop Art

Elke groot modehuis soos Prada en Versace, Valentino en Chanel, ook Louis Vuitton en Maison Margiella gebruik vandag Pop-kultuur deur kunstige elemente op hul ontwerpe te plaas.

Lees: JJ Schoeman – Mode: Dis ’n sirkus!

Kubisme, Art Deco, Bauhaus, Art Nouveau, Futurisme, Kitsch en Kontemporêr word ingespan vir die nuwerwetse. Die modegier is moeilik-om-te-ignoreer, dis ’n kruis kulturele en ’n nie-politiese trend wat beklemtoon word, veral van alledaagse, normale objekte in drukpatrone op jou klere. Moschino, met ontwerper Jeremy Scott agter die wiel, ry veral die verskynsel holrug in al sy reekse.

Foto: Shutterstock

’n Worldwide Trend

’n Mens sou sê dat ’n gewone T-hemp die enigste mode-item is vir dié mode verskynsel, maar nou het Haute Couture ook in die wêreld se modestede deurgeloop met dié gier. Rooi tapyt rokke en deftige pakke, soos tuxedos met gedetailleerde hemde en deftige dagklere word alles beïnvloed deur pop-kultuur. Ook die groot invloedryke tydskrifte soos Mademoiselle en Vogue lewer daaglikse insetsels van Pop Art kultuur.

View this post on Instagram

💘 @balmain 💘 📷: @johnshearer

A post shared by KATY PERRY (@katyperry) on

Van die heel bekendste modeontwerpers in die wêreld span Pop Art in vir ’n abstrakte uitkyk. Hulle doen dit gewoonlik deur ironie en simbolisme om uitdrukking te gee aan wat tans plaasvind in die gemeenskap.

Ons noem dit kuns en mode!

Deur Modeontwerper JJ Schoeman.

Back To Top
%d bloggers like this: