skip to Main Content
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst

Die winter is hier en #BELLA wys jou hoe om inspirasie te put ui Westeros vir jou klerekas.

Dis amper tyd vir Game of Thrones (GOT) om tot ’n einde te kom en dit is ’n weeklikse onderwerp in die kantoor. Die reeks is bekend vir besonderse uitrustings en ons steel inspirasie vir ’n warrior wintersklerekas.

Hier is 5 wenke wat jy kan volg:

1. Donker Kleure

Niks sê kragtig soos diep donker kleure nie. Burgundy, navy blou, olyfgroen en charcoal. Die kleure komplementeer mekaar perfek en gee sommer ’n warm gevoel af. Maak dit interessant met goud of koper aksente.

Foto: Andre Badenhorst | Romp & trui: Cotton On, Boots: Rubi Shoes, Serp: Poetry

2. Belde

’n Goeie leer beld kan enige uitrusting styl gee. Dit is ook ideaal vir beklemtoning van jou middellyf.

Foto: Andre Badenhorst | Rok & belt: Poetry, Boots: Rubi Shoes

3. Jasse

Michele Clapton, hoof van die GOT kostuumdepartement, het vertel hoe hulle sommer IKEA matte gebruik vir pelsjasse op die reeks. Jy kan jou eie een maak óf jy kan iets bietjie meer modern kies soos ’n bomber baadjie.

Foto: Andre Badenhorst | Bomber baadjie: Poetry, Romp: Cotton On, Boots: Rubi Shoes, Hemp: Replay 

4. Snoesige Truie

Ons is verlief op ’n snoesige trui. Kies een met tekstuur om dié item bietjie meer oemf te gee.

Foto: Andre Badenhorst | Romp: Poetry, Trui: Cotton On, Boots: Rubi Shoes

5. Boots

Jou uitrusting is nie volledig sonder ’n goeie paar bootse nie. Ons is veral mal oor die met ’n opryg styl of vele gespes.

Foto: Andre Badenhorst | Broek: Poetry, Trui: Cotton On, Boots: Rubi Shoes

Nou is jy reg om te veg! Deel jou GOT geïnspireerde uitrusting met ons by @bellamag_sa.

 

Foto: Andre Badenhorst
Model: Sabrina Neilan van Boss Models Jhb
Grimering: JB Makeup Studio
Hare: Inge van Heerden
Venue: Mooikrans Venue and Garden

Back To Top
%d bloggers like this: