skip to Main Content
Modetendense Keer Terug Na Die Middeleeue

Koninklike inspirasie – ’n magspel van rykdom.

Mode word soms beïnvloed deur films, vertolk in ’n fantastiese nuwe mode kunsvorm, en oop vir interpretasie. 

Die materiale is ryk fluweel en sy, gekombineer met sterk wapenrustings. Nek en- skouerkettings word versier met edelgesteentes wat die bykomstighede na vore bring. Leer en pels word baie gebruik en gee ’n edgy, donker, maar cool gevoel aan die uitrusting. Die onnatuurlike ingegorde korsette met rompe wat jou beweegruimte kan belemmer is ryklik geborduur met koorde wat blink. Die invloed is allerlei en nie gebonde aan iets spesifiek van ’n modefase of mode-era nie.

Dié tydperk is gekenmerk deur afskuwelikheid en drama. So word die modes ook geïnterpreteer in ’n siniese, brutale, maar tog majestueuse manier. Romantiese elemente soos sag afgeronde details op krae, oorgroot moue en gesofistikeerde silhouette word nogal baie vandag gebruik.

Maar hoe bring ’n mens die krygsman se voorkoms weer na die hede? Gryp jou swaard en bring jou wolfhond saam na die partytjie toe. Drink jou rooiwyn uit ’n houtfles langs ’n klomp kerslanterns. Sit ’n skildery van ’n draak op jou muur. BELLA gee ’n paar wenke

Dié voorkoms is ’n kombinasie van roem, mag en rykdom. Inspirasie van ’n kragtige held of heldin. Dis oral oor te bespeur, in materiale, in argitektuur en dekor. Dis duidelik dat mense streef na iets nuuts, iets heeltemaal anders, tog bekend en uit ’n ander wêreld. ’n Mens kan selfs sê dis die nastrewing na mag en trots in jou alledaagse uitrusting. 

Wat dink jy van dié outydse styl? Deel dit met ons by @bellamag_sa.

Back To Top
%d bloggers like this: