skip to Main Content
Foto: Elafos Productions
Foto: Elafos Productions
Foto: Elafos Productions
Foto: Elafos Productions
Foto: Elafos Productions
Foto: Elafos Productions

Elani Dekker is ’n jong aktrise wat die voorreg het om verskillende genres in die hoofstukke van haar lewe te speel. Dit maak nie saak wat die uitdagings van haar karakter vereis nie, sygryp elke geleentheid aan en maak die beste daarvan.

Eerlikheid. Dit is die boodskap van die film, Liewe Lisa, wat vir Elani die meeste uitstaan. Elani vertolk een van die hoofrolle in hierdie nuwe film. Sy vertel: “Dit was aanvanklik vir my ’n groot kopskuif om te maak, want ek was 19 jaar oud toe ons aan die film geskiet het en Lisa, die karakter, was klaar geswot. Ek moes myself in haar skoene plaas en ook myself indink hoe dit moet wees om ouer te wees. Ek dink ek het die grootmenslewe weergawe van myself op dié manier deur Lisa ontdek.”

View this post on Instagram

lisa ft. love #liewelisafilm #14feb2019

A post shared by Elani Dekker (@elanidekker) on

Die film het haar geleer: “Ek het die die ernstiger kant van die lewe begin sien. Lisa is die eerste karakter wat my gedwing het om die meer gegronde weergawe van Elani te kry. Sy het my forseer om bietjie meer ernstig te raak.” Volgens haar is Liewe Lisa die regte weergawe van hoe dit voel om verlief te wees. “Aan die begin van ’n verhouding is ’n mens smoorverlief. Daarna begin jy die foute raaksien. Dié fliek wys nie die idealistiese verliefde paartjie nie, maar hoe dit régtig is.”

View this post on Instagram

lisa ft. reflections #liewelisafilm #14feb2019

A post shared by Elani Dekker (@elanidekker) on

Behalwe vir Liewe Lisa het sy onlangs ook die geleentheid gekry om die rol van Monique in die Afrikaanse sepie, Binnelanders, te vertolk. Sy sê: “My on-screen sussie, Dokter Annelize Roux, (Cindy Swanepoel) het my baie gehelp en geleer. Aan die begin het ons net so twee of drie tonele gehad waar ons actually in een vertrek was, maar die laaste ruk het ek die geleentheid gekry om baie meer saam met haar te kon speel en dit was amazing. Sy het my so gerusgestel. ’n Sepie is ook baie anders as die filmbedryf waaraan ek gewoond was. Daar is meer konstantheid en dis baie meer tegnies. Tog was dit vir my baie lekker gewees en die mense is almal so nice en het my so welkom laat voel!”

View this post on Instagram

hello 👋 @binnelanderstv

A post shared by Elani Dekker (@elanidekker) on

Elani Dekker se boek is nog lank nie klaar geskryf nie. Hierdie is maar net die begin van haar loopbaan en die begin van groot dinge vir haar. Fluit-fluit, die storie is nog nie uit…

Back To Top
%d bloggers like this: