skip to Main Content

Leandie herdefinieer tradisionele besigheidsbeginsels en verskuif grense met haar twee besighede, terwyl sy haar liefde vir die kunste uitleef en ander inspireer met haar ‘No one can beat you at being you’ motiveringspraatjies.

Vankies, Trix, Alecia of Willemien de la Harpe – elke karakter wat Leandie vertolk kruip diep in kykers se harte. Sy’t ’n natuurlike charisma en passie vir toneelspel. Maar Leandie is soveel méér as net ’n aktrise! Sy kan jou vir ure lank entertain as MC, inspireer as motiveringspreker en sy het ’n kop vir besigheid. Een ding is seker: Leandie is nie bang vir die concrete jungle nie!

Foto: Henry Marsh Photography

Leandie verskuif grense

Leandie het ’n unieke en trendy styl as dit by haar klere kom. “Die klere wat ek dra sê hoe ek die dag voel, waar ek gaan wees en die boodskap wat ek wil oordra. Partykeer loop ek in my pajamas met ’n bolla op my kop en ander kere dra ek weer ’n girly rokkie.”

Dis geen wonder dat Leandie se klerereeks, Skoonma Clothing, ’n wegholsukses is nie. Skoonma Clothing verkoop kwaliteit vintage klere met ’n touch modern glam en is deesdae op almal se lippe. Haar man, Bouwer Bosch, het die naam vir haar klerereeks uitgedink. Dit is asof die naam ’n tribute is aan twee van die belangrikste mense in Leandie se lewe – haar eie ma en haar skoonma. “Ek is baie spyt dat ek nie by my ma geleer het hoe om kos en klere te maak nie. Sy het so baie patrone gehad en kon baie mooi klere maak, maar ek het nie daai tyd gedink dis cool as jou ma vir jou klere maak nie!”

Foto: Henry Marsh Photography

Terwyl sy haar drome najaag, wil sy ook graag ’n verskil maak deur mense te bemagtig en werk te skep. “My hart lê by empowering en employing. I want to pay it forward.” Skoonma Clothing gee vir haar die geleentheid om dit te kan doen. Sy het aan die einde van 2018 nog mense aangestel en gaan meer hoeveelhede van elke uitrusting beskikbaar hê om te kan koop. “My vision is om ’n factory langs die highway te hê en om klomp seamstresses te kan aanstel,” vertel sy.

Foto: Henry Marsh Photography

Só het Skoonma ontstaan

Die idee agter Skoonma Clothing het begin by Leandie se unieke styl. Vandag is dit ’n wenresep waar twee ma’s, een kreatiewe man en ’n groot ondersteuningstelsel van vriende en familie die bestaan agter Skoonma is. “Kobus Rautenbach het my trourok design en ook vir my rokke gemaak vir ander funksies. Daar was altyd iets wat ek wou verander of bysit. Ek hou van my eie styl en ek wil nie soos iemand anders aantrek nie. Kobus het eendag vir my gesê hy dink ek moet my eie klerereeks begin. Ek het ook begin thrift en dan het baie mense vir my gevra waar het ek die toppie of rokkie gekoop. Al hoe meer mense het vir my gesê hulle dink ek moet my eie clothing line begin en ek het agtergekom daar is ’n behoefte vir klere met ’n bietjie meer vintage look. My skoonma kan baie mooi klere maak en sy het toe pas afgetree. Skoonma Clothing was ’n manier hoe sy ’n inkomste kon verdien en besig bly. Sy het ook baie van die klere van my ma se patrone af gemaak.”

Foto: Henry Marsh Photography

Nóg ’n nuwe besigheid vir Leandie…

Tog kan dit stresvol wees om te weet jy is verantwoordelik vir ander mense se salaris en toekoms, maar Leandie het guts om aan te hou en uitdagings aan te pak. Intussen het sy nog ’n besigheid saam met haar skoonsussie en haar vriendin, Mariaan Botha, begin – To-Be Gift Boxes. Dis ’n opwindende en innoverende besigheid waar jy letterlik ’n geskenk vir elke geleentheid kan kry. Daar is bokse vir toekomstige bruide, strooimeisies en amper-mammas of jy kan jou eie boks bou.

Haar grootste les wat sy geleer het deur haar eie besigheid te hê? “Moenie iets verkoop wat nog nie 100% reg is om uit te gaan nie. Ek is ongeduldig en wil hê dinge moet nou gebeur.”

Foto: Henry Marsh Photography

Leandie is op soveel vlakke vir vroue ’n inspirasie en daar is niks beter as om 2019 af te skop soos om te weet dat vroue enigiets kan doen nie! Jy hoef nie net een titel te hê en een beroep vir die res van jou lewe te beoefen nie. Jy kan jou eie besigheid hê, jy kan ’n aktrise wees, jy kan ’n motiveringspreker wees! Jy kan wees net wie jy wil wees…

Leandie het definitief ’n kop vir besigheid en ’n hart van goud.

Skoonma Clothing

Facebook: @skoonmaclothing
Instagram: @skoonmaclothing
Website: skoonma.com

To-Be Gift Boxes

Facebook: @tobegiftboxes
Instagram: @tobegiftboxes
Website: tobegiftboxes.com

 

Fotograaf: Henry Marsh Photography
Venue: 012 Central
Hare en grimering: JB Makeup Studio
Stilering: Bianca Raath
Mode: Suited for Her 

Back To Top
%d bloggers like this: