skip to Main Content

“The best colour in the whole world is the one that looks good on you.” – Coco Chanel

Blou soos die see en soos die see kan blou mooi en sag wees of swaar en kragtig. Is blou jou gunstelingkleur? Miskien nie, maar dit is ’n dominante kleur in baie dames se klerekas. Dit kan verskeie emosies uitbeeld en word soms ook gesien as ’n neutrale kleur.

Hier is drie maniere om blou te dra:

1. Blou as die dominante kleur

Dis maklik om ’n blou as ’n dominante kleur te dra. ’n Blou rokkie of speelpakkie is altyd ’n wenner. Die skakering van blou kan afhang van die okkasie. Navy is goed vir ’n formele uitrusting, waar ligter skakerings soos baba blou meer kwesbaar voorkom.

Foto: Elafos Productions | Navy jumpsuit: H&M | Silver beld: H&M

Blou kan ook die dominante kleur speel in ’n tweestuk uitrusting.

Foto: Elafos Productions | Navy romp: H&M | Wit top: Cotton On 

2. Blou as die neutrale kleur

Blou is ideaal om te gebruik as die neutrale kleur in jou uitrusting. Dit werk goed saam met meeste kleure op die kleurwiel. Dra dit saam met ’n dowwe kleur om jou uitrusting lewe te gee of saam met ’n helder kleur om balans te skep.

Foto: Elafos Productions | Grys top: H&M | Navy shorts: H&M

3. Blou as die ekstra

Daar is altyd ook die opsie om blou in jou bykomstighede by te voeg. Soms bestaan jou uitrusting uit eenvoudige neutrale kleure. Aardse kleure soos bruin, room, swart, wit of grys kan ’n gesofistikeerde uitrusting skep, maar het net daai ietsie ekstra nodig.

Foto: Elafos Productions | Silver romp: Cotton On  | Wit t-hemp: H&M

Die mode trends mag dalk kom en gaan maar daar sal altyd ietsie blou beskikbaar wees. Deel jou blou-uitrusting met ons by @bellamag_sa.

 

Foto’s: Elafos Production
Model: Kate Metzer from Boss Models Jhb
Video: Elafos Production

Back To Top
%d bloggers like this: