skip to Main Content
Mode: Dis ’n Sirkus!

Bollemakiesie, flik-flak en akrobatiese kleredrag. ’n Prettige en opwindende nuwe inspirasie -fiks, fantasties en flatervry.

’n Klassieke gedetaileerde shawl-kraag baadjie gesny in brokaat soos ’n gentleman van ouds is terug. Kombineer met ’n swart noupassende langbroek met ’n satyn afwerking aan beide kante, vasgegord met ’n passende, wye satyn band. Die wit formele hemp sonder ’n das en ’n opstaan kraag gee ’n vars new look. Rond dit af met ’n clutch bag in vrolike sirkus zig-zag strepe in swart en wit.

Foto: Shutterstock

Kettingplaatjie (chain mail) maak weer sy verskyning. Dié keer met ’n asimmetriese en styfpassende gedrapeerde aandrok. Baie been moet wys vir ’n dramatiese effek op die rooi tapyt of by ’n formele jaareindfunksie. Dra daarby baie diamant juwele, ’n groot ring, een of twee wye armbande en oorbelle. Alles is bypassend in silwer en metallic. Die een-skouer voorkoms balanseer die hoë slit aan die teenoorgestelde kant.

Foto: Shutterstock

Beyoncé se verhoogoptrede vang die sirkus-idee mooi vas. ’n Korset wat baie laag gesny is voor en noupassend in die middel. Aangeheg is hoog gesnyde hot pants.Bo-oor is ’n bolero baadjie met ’n mantel tot in die middel. Dis baie buitengewoon maar nuut om ’n bekende handelsnaam materiaal (Burberry) te dra in ’n buitengewone snit en kombinasie. Die Sirkus was definitief alweer in die dorp.

Regaf baadjie omgeboor met ’n goue fluweelrandjie en goue tossels wat afhang, herinner aan ’n sirkus-voorkoms. Kombineer met ’n kontrasterende bont en helder langbroek in pers en groen of geel drukwerk daarop. Die andersheid van die kombinasie is nuut en amper vreemd opwindend. Kombinasies moet nie “normaal” wees nie, want andersheid en die buitengewone is ’n treffer.

Vreemde inspirasie en kombinasies kom oral voor, ook by bruidspaartjies. Die bruidegom neem sy inspirasie van die “Ring Master” in die sirkus terwyl die bruid een van die “trapeze-artists” is. Onderklere as buiteklere word gedra met of sonder allerlei interessante hooftooisels. Rompe is asimmetries en word hoog opgesny aan die een kant en hang weer laag aan die anderkant. Allerlei drapeersels versier die rok en nuwerwetse handskoene rond dit af.

 

Geskryf deur: JJ Schoeman

Hooffoto: nssmag.com

Back To Top
%d bloggers like this: