skip to Main Content
Miss SA Kry Haar Eie Denim-reeks.

Nou kan jy ook ’n denim dra soos die beeldskone Miss SA, Tamaryn Green.

Green is as die nuwe Miss SA op 27 Mei vanjaar gekroon en vetrek binnekort op haar reis na die Miss Universe kroon in Desember. Maar eers betree sy die loopplank met ’n breë glimlag en kondig aan dat sy nie net een nie, maar twee denims ontwerp het in samewerking met Soviet Denim. Dit is die vierde jaar wat die bekende denim handelsmerk saam span met Miss SA om ’n unieke reeks denims te ontwerp.

“This year we celebrate four years of the #MissSASoviet Denim. The synergy between these two brands made so much sense in 2014.” Caroline Hardman – Managing Director Soviet Denim

Tamaryn het haar ontwerp uniek gemaak met ’n diamant vorm plaat op die gatsak van die denim sowel as ’n paar ander besonderse elemente. Die styl van beide ontwerpe is minimalisties, maar tog klassiek.

Foto: Johan Venter vir Soviet Denim

Die Gina is ’n tipiese geskeurde skinny denim met silwer elemente op die lyfband as afronding. Die tweede denim, genaamd die Rolene, is ’n jegging ontwerp (’n kombinasie tussen ’n denim en legging) in periwinkle blou met roosgoud afwerking.

Foto: Johan Venter vir Soviet Denim

“Tamaryn, exudes everything we stand for at Soviet, REAL PEOPLE, REAL DENIM. We’re looking forward to what our consumers have to say about our 2018 Miss South Africa Denim offering.” Caroline Hardman – Managing Director Soviet Denim

Elke ontwerp bring ’n ander tipe vrou in jou uit en dis moeilik om te kies watter een ons gunsteling is. Jy sal tog gou moet besluit, want die denims is beskikbaar vanaf die 3de November in Soviet Denim se Mall of Africa winkel. Tamaryn Green sal op die dag eksklusief beskikbaar wees sodat jy die ontwerper van jou nuwe #MissSASoviet denim kan ontmoet. Die denims sal daarna beskikbaar wees in Soviet Denim winkels landswyd.

Facebook: @SovietDenim
Instagram: @sovietdenim
Twitter: @SovietDenim

 

Geskryf deur: Bianca Raath
Hooffoto: Johan Venter vir Soviet Denim

Back To Top
%d bloggers like this: