skip to Main Content
Minimalisme In Die Mode-industrie – Die Nuwe Ontwerpstyl

In ’n tyd waar abstrakte ekspressionisme oorheers was, is daar ’n nuwe fase, ’n natuurlike oorgang na “less is more.”

Minimalisme is ’n nuwe konsep in modeontwerp. Dit was eintlik nog altyd daar iewers in die agtergrond, ’n streep, ’n vierkant, ’n sirkel. Die heel eenvoudigste vorm. Daar was die “little black dress” óf die miniskirt van die sestigs, ’n verskynsel in die Mary Quant era waar less is more uit die bloute ontdek is. Dit was meestal in die laat sestigs en vroeë sewentigs wat dit ’n modegier geword het.

Lees: Koraalrif modes: Wat het die see en jou klerekas in gemeen?

Met die moderne samelewing van tegnologie het ’n introspektiewe realiteit nodig geword, waar alles van voor bekyk word, veral vir eenvoud, funksionele ontwerp en spasie. ’n Webontwerp is ’n twee-dimensionele idee en ’n nuwe rigting om die wêreld en al sy ou ontwerpe te herontdek en te vereenvoudig. ’n Wegbeweging van die kompleksiteit.

Daar is ’n nuwe trend, die identifisering van die mees essensiële en nodigste elemente deur die verwydering van oorbodige komponente tot sy naakte eenvoud. Ons noem dit ’n design nirvana, waar bliss ontwerp verkry word deur alles ekstra weg te vat. Die Japanese beoefen die styl die beste met hul vredevolle lewensfilosofie.

Foto: Viktor en Rolf rok by die 2019 Kostuum Instituut se uitstalling.

Viktor en Rolf se “less is more” ontwerpstyl, ’n enorme rok by die 2019 Kostuum Instituut se uitstalling. Eenvoudige, skoon silhouette. Gesofistikeerde eenvoud; ’n uitstekende ontwerp is smaakvol en tydloos in sy eenvoud.

De Mil | Foto: Eunice Driver

African Style Story | Foto: Eunice Driver

ERRE Fashion | Foto: Eunice Driver

Die Suid-Afrikaanse modeweek het aan die begin van Aprilmaand plaas gevind. Die ontwerpers het ook met die eenvoud tema gespeel. De Mil se reeks van Zen geïnspireerde nuwerwetse mansmodes met eenvoudige lyne het uitgestaan. African Style Story en Erre het ook dié modegier uitgebeeld.

Die minimalistiese beweging is ’n verwerping van kompleksiteit en ’n terugbeweging na die natuurlike – na rus en na vrede.

Deur Modeontwerper JJ Schoeman.

Back To Top
%d bloggers like this: