skip to Main Content
Meer As Net Leer!

Die beskrywing: “Egte leer produk” getuig van kwaliteit en duursaamheid.

Artisan Handcrafted is ’n nuwe opwindende brand wat vinnig besig is om vlam te vat. Artisan Handcrafted verskaf ondermeer leerhandsakke, korporatiewe laptop sakke, trendy student en reis sakke.

Die stigter, Jaco Swanepoel (28), se lewe kink soos die uit ’n sprokiesverhaal. ’n Liefdesverhaal wat in die verre en eksotiese Indië afspeel. Nee, nie met ’n eksotiese skoonheid nie BELLAS maar met die land en sy mense. Jaco het na skool sy geld gespaar en in Indië as ʼn liefdeswerker gaan werk. Hy het na Indië gereis om sy tyd en hulp te offer. Hy het ondermeer in ’n kinderhuis gewerk en daar geslaap totdat hy al sy geld gebruik het, en Suid-Afrika toe moes terugkeer om vir sy volgende missie te spaar.

“Ek is absoluut verlief op Indië en die mense daar. Dit is vir my hartseer, mense dink so min van dié land. Hulle het geen idée waarop hul uitmis nie.”

In sy talle reise na en in Indië het hy die wonderlike leerprodukte ontdek. Hierdie jong entrepreneur het sy besigheid begin deur slegs vyf sakke in te voer.

“Ek was verras hoe ongelooflik positief die Suid Afrikaanse mark reageer het.” Hy moes vinnig ’n plan maak om meer sakke in te voer. Artisan Handcrafted het so vinnig populariteit bereik dat dit nou op die aanlyn reus Takealot.com verkoop word. Hierdie is meer as net ’n besigheid. Dis ’n liefde vir ’n land wat oorgespoel het in ’n droom om die skatte uit dié land te deel. Gaan loer gerus na Artisan Handcrafted se webtuiste.

 

Geskryf deur: Melanie Jacobs
Foto’s: Verskaf

Back To Top
%d bloggers like this: