skip to Main Content
Leersakke Gemaak Met Liefde!

“I live to be inspired. And I transform that inspiration into designing and making leather bags. Being able to share them, makes me happy.”

Daar is niks beter as om ’n egte leersak te besit nie. Leanda Trautman, trotse eienaar van die Suid-Afrikaanse handelsmerk Alex & Marla beskryf haar werk as haar passie. Tesame met haar span van vier inspirerende dames, skep hulle elke dag nuwe meesterstukke.

#FunFact: Die handelsmerk is vernoem na Leanda se twee dogters, Alex en Marla.

Van die eenvoudige Saddle ontwerp tot die luukse Traveller, Alex & Marla se reeks sluit iets vir almal in. Hul nuutste byvoeging is natuurlik die Crossbody en Backpack – ideaal vir ’n naweek weg of ’n dag uit op die pad.

Loer na hul nuutse video en raak verlief op dié unieke handelsmerk!

BELLA kan nie genoeg kry van die unieke produkte nie. Vir meer besoek gerus hulle webblad.

 

Geskryf deur: Bianca Raath
Woordtelling: 139 woorde
Foto’s: Suzanne Swart

Back To Top
%d bloggers like this: