skip to Main Content
Koue Voete? Kies Die Regte Stewels

Jy hoor gereeld iemand sê: “Solank my voete warm is, is ek warm.”

Of jy tien baadjies dra en of jou voete jou warm hou, stewels is iets waarsonder jy nie die winter kan oorleef nie. Maar hoekom lyk party pare snaaks en ander amazing? Want net soos klere pas skoene ook by jou liggaam se bou. 

BELLA kyk na 3 verskillende tipe stewels en hoe om dit te dra.

  1. Die Enkelstewel

Die lae gesnyde enkel stewel is ’n baie algemene styl. Nie net pas dit by baie liggaamstipes nie maar ook uitrustings. Dit is belangrik om op die voordele van die stewel te fokus, aangesien dit maklik jou vyand kan word. Indien jy kort is, is dit die perfekte styl om jou bene langer te laat vertoon.

WENK: Wanneer jy ’n langbroek saam met die stewel dra, ‘cuff’ die soom om in plaas daarvan om dit in die stewel in te druk – dit sny jou been en laat jou korter lyk.

Kies een met ’n hak (al is dit net effe). Die blokhak trend is iets wat jy beslis moet aangryp. Dis gemaklik en gee jou daai ekstra hoogte.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

  1. Die Stiletto Stewel

Dis nie noodwendig almal se gunsteling nie en min dames kan eerlik sê hulle kan ’n dag se werk op stilletto’s handhaaf. Tog is dit ideaal vir gespierde of atletiese liggaamstipes. Dit help om jou uitrusting te versag en verleng jou bene. Weereens is dit belangrik om nie jou broek in die stewel in te druk nie maar eerder die soom om te vou indien dit oorhang.

Foto: Verskaf

  1. Die ‘Thigh High’ Stewel

’n Must-have die winter. Daar is baie dames wat wegkyk, maar moenie bang wees nie, veral as jy ’n uurglas of appel liggaamsbou het. Ja, jy’t reg gehoor. Die lengte van die stewel verleng jou bene. Soek spesifiek vir ’n ronde toon en horing vorm hak.

WENK: Indien jy ’n uurglas of appel liggaamsbou het, vermy stewels wat op jou kuit stop. Kies altyd die lengte net onder jou knie of hoër.

 

Foto: Verskaf

Maak nie saak watter stewels jy kies nie, solank dit jou laat goed voel, wen jy!

Back To Top
%d bloggers like this: