skip to Main Content
Koraalrif Modes: Wat Het Die See En Jou Klerekas In Gemeen?

Modes en water, voeg net seewater by, en dis ’n vloeiende fees vir die oog. 

Onderwater tonele is ’n belewenis; UV-strale verander die surreal werklikheid in ’n fantasie van vorms en beeldskone kleure. Bloue, verskillende pienke, groene met ’n bietjie pers daarby, vertoon heel vroulik en is ’n nuwe tendens vir kleurkombinasies. Sagte materiale en vloeiende idees.

Die kleur van die jaar is koraalrif, maar ook water en die see, so allesbehalwe hoog en droog. Organismes gee kleur en die modebewuste is partymaal onbewus van die kompleksiteit van die natuur. Ons sien soms slegs die kombinasies op die strand wat waargeneem word deur ’n sonbril se lens.

’n Koraalrif kry sy pragkleure van die teenwoordigheid van “zooxanthellae,” wat eenvoudig vertaal word as “Wie is wie in die zoo?” of ‘Lae op Lae’!

Wat van water?

H20 oftewel water is ook “Quora” in chemiese taal. Kleurloos, reukloos, smaakloos. Dit klink amper net soos party modegiere deesdae. Die afwesigheid van belangrike bestanddele soos smaak, oftewel “edit” vir die modegeleerde. Ons leef wel in ’n tyd van droogte, maar water bly steeds die hoofbestanddeel vir elke dag se bestaan. Ons dink baie aan water as alledaags, maar is dit?

Foto’s: Vogue Runway | Reeks: Anaïs Jourden Ready-to-Wear Fall 2019

Foto’s: Vogue Runway | Reeks: Elie Saab Ready-to-Wear Fall 2019

Foto’s: Vogue Runway | Reeks: Mame Kurogouchi Ready-to-Wear Fall 2019

Foto’s: Vogue Runway | Reeks: Talbot Runhof Ready-to-Wear Fall 2019

Hoe hou dit met mode verband?

Soos die suurstof molekuul die twee atome van hidroksied nodig het om ’n water verbinding te wees, net so het mode sy eie elemente nodig. Een element, kleur, wat kleef aan nog twee atome, styl en snit, gekombineer en dis hoogmode. Gedehidreerde mode is ’n waterlose voorkoms, ’n uitgedroogte voorkoms.

Lees: JJ Schoeman- Pop Art neem die modewêreld oor!

Die rol van water in jou klerekas

Vervaardiging van tekstiel, kleurstowwe en katoen landerye bestaan net met baie water. Kyk maar na die dokumentêre reeks op Netflix genaamd, The true cost, oor die impak van roekelose vervaardigers in die wêreld. Daar is altyd plek vir innovering in tegnologie, smart design en oplossings. Is mode deesdae afgewater of ontwater ons die planeet?

Ons neem inspirasie van koraalriwwe en die see, die mooiste mooi. Water is baie meer teenwoordig in jou klere as wat jy dalk gedink het.

Deur Modeontwerper JJ Schoeman.

Back To Top
%d bloggers like this: